BILTONG, KAAS- EN UIE-POTBROOD

Anna Eksteen

Bestanddele
500g bruismeel                                                             
1 bier
1½ koppies gerasperde Cheddarkaas                            
250ml fyn (nat!) biltong
125ml fyn, bruingebraaide uie

Metode
Meng die meel en bier goed. Voeg 1 koppie kaas, die biltong en ui by en meng alles saam. Plaas dit in jou gesmeerde pot en bedek met die res van die kaas Bak tot gaar. Toets met ‘n skoon mes of totdat hy onderkant mooi hol klink. Eet warm met plaasbotter en konfyt

VARIASIES:
(Sonder die biltong en uie)
‘n Pakkie droë, bruin uiesop.
‘n Eetlepel of twee Marmite of Frey Bentos.
Neute en rosyne.
Spek (brosgebraai en gekrummel)
Olywe, kappers en ansjovis
Baie vars knoffel en pietersielie; gemengde kruie van jou keuse.

Advertisements

Hoender-En-Pastaslaai

Ingestuur deur Lynette

Hoender gee heerlike lyf aan slaai en verander dit dadelik van ’n bykos in ’n ligte gereg.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15-20 minute

4-6 hoenderborsfilette
sonder vel
sout en peper
olie
sap en skil van 1 suurlemoen
250 g penne-pasta
5 ml (1 t) Italiaanse geurselsprinkel`
1 pak slaaiblare
125 ml (½ k) mozzarella- of bocconcini-kaas, in stukke geskeur
125 ml (½ k) swartolywe, ontpit
45 ml (3 e) Italiaanse slaaisous
Metode
Geur die hoenderborsies met sout en peper en braai in ’n bietjie verhitte olie tot sag en gaar. Giet die suurlemoensap en -skil oor terwyl dit braai.
Kook die pasta tot gaar en al dente. Dreineer. Sprinkel geurselsprinkel oor.
Pak die slaaiblare op ’n dienbord.
Meng die hoender en pasta, voeg die res van die bestanddele by en rangskik op die blare.
Giet die slaaisous oor.
WENK
Pleks van braai kan jy die hoender gaar stoom en dit met ’n vurk in stukke skeur.

Gesonde Bygereg

SLAAISOUS
½ koppie karringmelk
½ suurlemoen se skil en sap
2 knoffelhuisies, fyngedruk en fyngekap
1 rooi brandrissie, gekap

SLAAI
2 snye goeie brood (soos ciabatta), gekrummel
2 pakkies (200 g) langsteel-broccoli, of 3 koppies broccoli-blommetjies
8 olywe, ontpit en middeldeur gesny
20 amandels, gerooster

Só maak jy
Maak die slaaisous. Meng die karringmelk, suurlemoensap en -skil, knoffel en rissie saam. (Jy kan ook ’n voedselverwerker gebruik.) Sit dit eenkant. Smelt ’n klontjie botter in ’n pan en braai die broodkrummels daarin tot goudbruin. Stoom of kook die broccoli vir 5 minute. Skep die broccoli in ’n bak en drup die sous oor. Sprinkel dan die olywe, neute en broodkrummels bo-oor.

Aartappelslaai met feta en olywe

Baie dankie vir jou resep Jan

500 g Baba-aartappeltjies in soutwater gekook tot net sag.
3 ml Sout
5 ml Peper
½ Koppie gekapte pietersielie
75 g Feta kaas in blokkies gesny
10 Swart olywe ontpit en halveer
SLAAISOUS:
50 ML Griekse jogurt
50 ml Cross & Blackwell Mayo
20 ml Strooisuiker
3 ml Engelse Mosterdpoeier
25 ml Wit asyn
Metode:
Kook aartappeltjies tot net sag in soutwater. Spoel af onder lopende koue water. Plaas in slaaibak. Meng al die slaaisous bestanddele saam. Gooi sout, peper, pietersielie  en slaaisous oor die aartappels en meng goed. Sny olywe in halwes en voeg saam met die feta kaas by die aartappels. Verkoel in yskas. Lewer 6 porsies.

Lekker Hoenderslaai

Dankie vir jou resep Jan van niekerk
500 g Hoenderborsies inblokkies gesny
2 Seldery stingels , fyn gekap
1 Rooi soetrissie, fyn gekap
6 Groen ontptite olywe, fyngekap
½ Rooi ui fyn gekap
1 Granny Smith appel, ontkern en klein blokkies gesny
1/3 Vin Iceberg Slaaikop, fyn gesny
Slaaisous:
5 Eetlepels Mayonaise
1 Teelepel pruimstroop
2 Teelepels vars suurlemoensap
3 ml Sout
5 ml Swartpeper
Metode:
Stowe die hoenderblokkies in 2 liter soutwater vir 15 minute. Dreine en kap in kleiner stukkies.
Meng al die bestanddele vir die slaai saam in ‘n groot mwengbak. Berei die slaaisous voor . Meng die mayonnaise, stroop en suurlemoensap saam en meng by die slaaisous. Maak seker die sous is nie te suur nie. Voeg stroop by indien te suur. Voeg sout en peper by na smaak. Meng die slaaisous met die hoenderstukkies en bedien met frande brood.