Ongebakte vrugtekoek

Bestanddele
115g botter
115g suiker
115g glansuurkersies gekap
225g sultanas
225g dadels fyngekap
225g mengsel geroosterde amandels en pekanneute
3ml kakako poeier
1 eier
1 pakkie Marie koekies fyn gedruk (plaas in voedselverwerker)

Metode
Plaas botter en suiker in kastrol en laat kook. Haal af van die plaat
Voeg die kersies, sultanas, dadels, neute en kakaopoeier by
Voeg die eier en die gebreekte koekies by en meng deeglik
Smeer ‘n broodpan en gooi die mengsel daarin. Druk dit stewig in die pan vas om seker te maak dat die bestanddele aanmekaar kleef
Bere oornag in die yskas haal dit uit die pan en sny die skywe. Bere in ‘n lugdigte houer

Advertisements
 

KOELKAS-VRUGTEKOEK

Rika Theron

Betsanddele

Voer ‘n broodpan, 23 x 13 x 7 cm, met kleefplastiek uit en smeer met kookolie of spuit met Spray & Cook.

Meng 1 pak (500 g) glansvrugte-koekmengsel en beskuitjiestukkies (2 pakke Tennisbeskuitjies) goed.
Verhit 125 g botter en 125 ml sagte bruinsuiker in ‘n kastrol tot gesmelt.
Haal van stoof af en voeg 1 blik kondensmelk en 5 ml vanieljegeursel by.  Meng goed.
Voeg by vrugtemengsel en meng.
Skep in pan  en druk styf vas.
Verkoel in yskas tot styf.
Keer versigtig uit pan, verwyder plastiek en versier met glanskersies, engelwortel en glansvrugtestukkies.