OntbytJaffels

Bestanddele
botter
spek
gesnyde brood
eiers
sout en swartpeper

Metode
Smelt ’n bietjie botter in ’n pan en braai die spek daarin totdat dit goudbruin, bros en geurig is. Dreineer dan die spek op kombuispapier.
Smeer die brood aan die een kant met botter. Sit dan ’n sny brood met die gesmeerde kant na onder in ’n jaffelpan. Pak ’n repie gebraaide spek op die sny brood. Breek nou versigtig ’n eier bo-op en geur dit met sout en swartpeper. As jy van ’n byt hou, kan jy gerus ook ’n bietjie gekapte rissie bysit. Sit nou die tweede sny brood bo-op (met die gebotterde kant na bo) en knyp die jaffelpan toe. Braai die jaffel oor matige hitte tot goudbruin aan al twee kante.

Wenk
Jy kan piesang en spek ook gebruik… of sit tamatie by die spek en eier…of kaas.

Advertisements
 

Eiers in spekmandjies

Flippenlekkerspices

Bestanddele
eiers
Liggies Gekookte Bacon
Flippen Lekka Spice smaak

Metode
Spuit n muffin pan met kleefwerende sproei. Sit die spek snye rondom die kante van die muffin pan. Breek ‘n eier en gooi in die pannetjie , sprinkel flippen lekka spice bo-oor. Bak dit teen 180 ° C vir 10 minute. Gebruik ‘n lepel om die mandjies te verwyder en te dien met roosterbrood.

 

Ontbyt Burgers

Rohanja

Bestanddele en Metode

Groot hamburgerbuns of ronde klein buns. Sny bo-oop en hol uit. Braai spek, uie, sampioene, kersie tamaties, green, yellow red peppers selfs blokkies ham, kaasworsies enige iets sal werk. Gooi blikkie baked beans in en meng goed. Voeg speserye by van keuse.

Skep in uitgeholde bun bakkie. Breek eier bo-op oop en bak in die oond by 180 grade tot eier gaar is. Ek dink wat lekker sal wees is om bietjie kaas net voor opdiening oor te gooi.

Jy kan die baked beans uitlos en vervang met mielies, chakalaka enige iets wat na jou smaak is

 

Eier muffins (ideaal vir ontbyt)

Rohanja

Bestanddele
10 Geklitste eiers
1/2 pakkie uie sop poeier
1 Koppie fyn gekapte sampioene
2 Koppies fyn gekapte spinasie
1 Koppie gesorteerde maalvleis of bacon
Sout en peper
12 Cherry/ Rosa tamaties
Voor verhit oond tot 180 grade C

Metode
Meng alle bestandele saam behalwe tamaties. Smeer muffen pan goed met botter / spray en cook. Verdeel eiermengsel in die 12 muffen houertjies. Plaas gehalveerde tamaties bo – op mengsel. Bak vir 25 min tot gaar. Verwyder warm uit pan en sit voor ( As koud kan die gebak vassit)

 

BROOD-EN-EIERGEREG

Rika Theron

Bestanddele
6 snye brood, met botter gesmeer,
6 eiers, tamaties,
sout,
gerasperde kaas,
ontbytspek,
peper,
melk.

Metode
Pak ‘n laag brood in gesmeerde bak.  Sny ‘n paar skywe tamatie bo-oor, sprinkel sout, peper en ‘n laag kaas oor.  Pak nog ‘n laag brood en tamatie, plaas ‘n paar repies spek bo-op en strooi ‘n dik laag kaas oor.  Klits eiers en melk goed met sout en peper en gooi bo-oor.  Bak in matige oond tot eiers gaar is.

 

SONDAG  ROOSTERBROOD

Rika Theron

Bestanddele
2 eiers,
sout & peper,
250 ml gerasperde kaas,
2,5 ml Worcestersous,
4 snye brood met botter gesmeer,
4 repe spek of ham.

Metode
Klop eiers.  Voeg sout, peper, kaas en Worcestersous by.  Smeer mengsel op die brood.  Sny spek in klein stukkies en plaas bo-op eiermengsel.  Plaas in warm oond vir 5 – 7 minute.  Bedien dadelik.

 

Rooi lensies sop vir ontbyt

Ezo se Bruidsop van rooilensies

Sop vir ontbyt is deesdae ‘n groot ding. In lande soos Turkeye, Viëtnam, Korea tot en Columbië is dit al ‘n eeue-oue gebruik. Pho, ramen, om ‘n paar te noem. My ontdekking is ‘n Turkse sop met die mooiste storie.

Ezogelin, ‘n verleidend-lekker rooilensiesop, vernoem na ‘n jong Persiese bruid Ezo, ‘n pragtige vrou wat nou al ‘n legende in Turkeye geword het. Die man op wie sy verlief was het haar gevfa om te trou, maar met een voorwaarde – sy moes eers sy ma ontmoet … en Skoonma was maar ‘n baie moeilike mens. Sy het hierdie rooilensiesop gemaak om in haar goeie boekies te kom. Wel, sy en haar man het later 9 kinders gehad, so Skoonma was sekerlik baie beïndruk.

Die sop, wat uit die suid-oostelike deel van Anatolië kom, word nou oral in Turkeye geëet, veral vir ontbyt. Die rooi lensies kook baie vinnig en hoef glad nie vooraf geweek te word nie. Dit is voedsaam met hoë vlakke van minerale soos yster. Die smaak is subtiel en die lensie kook heeltemal sag. Die geure van die droë kruisement saam met lensies is ‘n heerlike nuwe ontdekking.

Die burgul is ‘n gestampte koring wat effens verwerk en halfgaar gemaak is. Rys kan ook gebruik word. Ment paai die senuwees en verskerp die sintuie.

Ezo se bruidsop

1 knoffelhuisie, fyn gekap
1 ui, fyn gekap
Bietjie Olie of botter vir braai
5 ml komyn
45 ml tamatiepasta
5 ml soet paprika
200 g (opgehoopte koppie) rooi lensies, afgespoel red lentils,
45 ml bulgur koring, afgespoel (opsioneel) of 125 ml rys
1.5 liter hoender- of groenteaftreksel
Sout en peper

Bediening:
15 ml droë kruisement, net so of gemeng met sagte botter.
rissievlokkies, suurlemoensap

Braai die knoffel en uie liggies tot sag en deurskynend, voeg die tamatiepasta, paprika en komyn by en kook 2 minute terwyl jy roer.
Voeg die lensies, burgulkoring (of rys) en aftreksel by. Bring tot kookpunt en prut dan sowat 30 minute terwyl jou nou en dan roer om te keer dat dit vassit. Sodra die lensies sag is blits die sop met ‘n handstaafmenger tot redelik glad. Proe en pas na smaak met sout en peper.

Skep in sopbakkies, sprinkel droë ment oor of bedien met ‘n klontjie botter, rissievlokkies as jy wil en ‘n drupsel suurlemoensap.

 

Bron en foto:  https://huiskok.com/author/huiskok/

 

Ontbyt 3: Maalvleis en pap (Cowboy-ontbyt)

Met vergunning van www.funkymunky.co.za

4 kg maalvleis
4 gekapte uie
3 blikke 410g tamatie- en uiesmoor
 3 blikke 410g gebakte boontjies in tamatiesous (opsioneel, anders 4 blikkies tamatiesmoor)
Kruie, speserye, sout, peper
Mieliemeel
Water
Sout
·         Vir slap pap: kook water in pot. Maak meel en sout aan met koue water tot pasta. Voeg versigtig by kookwater en roer deurentyd. Bedek en laat prut stadig vir 30 minute.
·         Braai uie in pot, verwyder en hou eenkant. Braai maalveis tot goudbruin.
·         Voeg uie, tamatiesmoor, kruie en speserye by en laat kook vir 30 minute.

 

 

Lekker ryk Outydse Ontbytskons

 

Nog n resep van Jan van Niekerk
3 k Koekmeel                                          
1 t Sout
4 t Bakpoeier                                           
2 E Suiker
2 E Vet
Geel van 2 eiers                                       
¼ k Melk
¼ k Water
Metode:
Sif die meel, sout en bakpoeier saam en voeg die suiker by. Meng deur. Werk die vet met jou vingerpunte in. Klits die geel van die eiers met die melk en water en voeg dit by die droë bestanddele. Meng dit, werk liggies-liggies met ‘n mes, sodat sodat die deeg nie gedruk of geknie word nie. Kee die deeg op ‘n plank uit waarop meel gestrooi is. Druk dit plat en deel dit op in kleiner dele. Sit die hopies deeg in gesmeerde kolwyntjiepannetjies. Die resep is genoeg vir 12 groot of 24 klein skonsies. Bak vir 15 minute in voorvewrhitter oond by 250°C. As jy nie van vet hou nie, of nie het nie, gebruik botter.
 

VINNIGE ONTBYTSKONS

 

 

500 ml koekmeel                                                                      
125 ml gerasperde Cheddarkaas
15 ml bakpoeier                                                                        
1 eier
5 ml suiker                                                                                   
100 ml melk
2 ml sout                                                                                      
100 ml water
5 ml mosterdpoeier                                                                 
50 ml kookolie
paprika
Sif droë bestanddele.  Voeg kaas by.  Klits eier, melk, water en olie.  Maak holte in middel van droë bestanddele en giet vloeistof in.  Meng vinnig tot sagte deeg met vurk.  Drup lepelsvol op geoliede bakplaat, strooi paprika oor bokant.  Bak 10 – 12 min by 220ºC.  Sit warm voor met botter.
Lewer 12 groot skons.