VINNIGE MAKLIKE BYGEREG BY BRAAIVLEIS

Lynette Muller

Bestanddele
Vat 3 tot 4 hamburger buns, sny in helfte oop – le plat in bak sodat gesnyde kante na bo le.
Meng: 1 blikkie room met een pakkie potato of pasta bake (enige geur) meng goed – gooi bo-oor die buns.
Rasper klomp kaas bo-oor en bak in die oond tot gaar en goudbruin.
Jy kan sout en gemaalde swartpeper ook byvoeg en bietjie pietersielie en paprika.                                                 .

Advertisements

HOENDER-BILTONG-EN-SPEKPOTJIE

Anna Eksteen

Bestanddele Sous
2 hoenderaftrekselblokkies                                            
250ml kookwater
500ml droë witwyn                                                        
250ml blatjang
46g sampioensoppoeier (1 pakkie)                                
5ml gedroogde tiemie
5ml gemengde gedroogde kruie                                    
5ml suurlemoenpeper

Bestanddele Hoender
15ml olyfolie                                                                 
15ml botter
12 hoenderdye, ontvel indien verkies                             
250g spekvleis, gekap
50ml brandewyn                                                            
10ml gekapte knoffel – opsioneel
2 uie, in ringe gesny                                                     
½ groen soetrissie, grof gekap
1 seldrystringel, in dun ringe gesny                               
20 klein aartappeltjies, geskil
4 wortels, skyfies gesny                                               
12 klein uitjies, heel
250g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
150g klam beesbiltong, gekerf                                       
250ml gerasperde Cheddarkaas
125ml vars, gekapte pietersielle

Metode Sous
Los die aftrekselblokkies in die kookwater op. Meng die res van die bestanddele vir die sous en voeg dit by. Hou die sous eenkant.

Metode Hoender
Verhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender daarin. Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die brandewyn en knoffel by. Roer dit deur en moet daarna nie weer roer nie. Strooi die uie, soetrissie en seldery oor die hoender en plaas daarna die aartappels en wortels bo-op. Giet die sous oor: Plaas die deksel op en laat dit 1 duur lank prut. Voeg kookwater by indien nodig. Bedek dit en laat prut dit 30 minute lank. Roer dit net voor bediening en strooi pietersielie oor.