Oven baked omelet

Ingredients

2 tablespoons butter
1/2 onion, chopped
1/2 green bell pepper, chopped
1 cup chopped cooked ham

8 eggs
1/4 cup milk
1/2 cup shredded Cheddar cheese
salt and ground black pepper to taste

Directions

Preheat oven to 400 degrees F (200 degrees C). Grease a 10-inch round baking dish.
Melt butter in a large skillet over medium heat; cook and stir onion and bell pepper until softened, about 5 minutes.
Stir in ham and continue cooking until heated through, 5 minutes more.
Beat eggs and milk in a large bowl. Stir in Cheddar cheese and ham mixture; season with salt and black pepper.
Pour mixture into prepared baking dish.
Bake in preheated oven until eggs are browned and puffy, about 25 minutes.
Serve warm.

Advertisements

SKAAPNEK IN DIE OOND

Skaapnek opgesny [jy kan skenkels ook byvoeg as jy wil]
2 Groot uie
4 Wortels ringe gesny
4 Aartappels gehalveer
Metode
Sny jou uie fyn en plaas in gesmeerde bakskottel
Plaas gesnyde wortels bo-op
Plaas jou skaapnek skywe bo-op
Sout en peper
Fyn Koljander
plaas nog uie skywe bo-op jou skywe vleis
Plaas jou aartappels tussen jou vleis
Maak n sousie van
1 pakkie Tomato Paste
2k Hoenderaftreksel
2 e Sweet Chillie
1 e Asyn
1e Maziena
Gooi dit oor jou vleis en plaas die deksel op en plaas in die oond
Oond 160*C vir 2ure en dan 140*C vir so 2ure [kyk of daar genoeg sousie is anders voeg net n klein bietjie water by vir nog sous

DUTCH BABY OONDPANNEKOEK

www.rsg.co.za

Hierdie heerlike oondpannekoek met sy pofferige opstaankraag, is ideaal om vir ontbyt of nagereg te maak. Baie ekonomies en beeldskoon. Huiskok Errieda du Toit bedien dit met aarbeie, crème fraîche of suurroom, versiersuiker en suurlemoensap. ‘n Sprinkel varsgekraakte witpeper doen ook wondere.

Bestanddele
125 ml koekmeel
125 ml melk
3 groot eiers, liggies geklits
knippie sout
knippie neutmuskaat
60 ml botter

Vir opdiening
versiersuiker
opgesnyde aarbeie of ander bessies
suurlemoenwiggies
Griekse joghurt, of crème fraîche, of suurroom

Metode
Voorverhit oond tot 220°C. Plaas ‘n oondvaste swaarboom of gietyster-pan van 24 cm in die oond vir sowat 8 minute om baie warm te word. In ‘n medium-grootte mengbak, klits die meel, melk, eiers, neutmuskaat en sout saam tot net gemeng, OF blits die bestanddele vinnig in ‘n versapper of voedselverwerker saam tot skuimerig (moenie oormeng nie). Smelt die botter versigtig in die warm pan, kantel om die bodem goed te bedek en giet die beslag in. Bak tot die opgepofte kante lekker goed bruin is en die middel goudbruin (18 – 25 minute). Haal uit die oond, druk bietjie suurlemoensap oor, skep die bessies en ‘n paar lepels van die crème fraîche in. Sif versiersuiker oor. Sny in wiggies.