Ouma se gebakte tjops

Ingestuur deur Rika Theron

Besprinkel tjops met sous en swartpeper.  Rol in meel en plaas in oondpan.  Smeer met appelkooskonfyt of blatjang.  Bak in matige oond vir 20 minute en laat bruin braai.  Heerlik saam met aartappelslaai.

Advertisements

OUMA POTGIETER SE SPESERY KOEKIES

Dankie vir jou resep Malinda van Deventer

2 kop.     Margarine
12 kop.   Meel
10            Eiers
1 kop.     Vet (sukkel om dit te kry)
5 kop.     Suiker
2 teel.      Koeksoda, gemeng met ‘n bietjie asyn.
3 opgehoopte eetl.                Bakpoeier, gemeng met ‘n bietjie melk
1 opgehoopte eetl.                Fyn gemmer
1 opgehoopte eetl.                Fyn naeltjies
1 opgehoopte eetl.                Gemengde speserye

Meng margarine, suiker en vet saam.
Voeg eiers, koeksoda en bakpoeier by.
Klits vir 15 min.
Voeg meel, en al die ander droë bestanddele by.
Knie verder met die hand.
Rol uit of sit deur koekiemasjien.
Sit kersies bo-op.
Bak tot gaar by 160°C.