OUTYDSE ASYNPOEDING

Anna Eksteen

SOUS Bestanddele
500ml water
500ml suiker
125ml asyn

DEEG Bestanddele
30ml botter
125ml strooisuiker
2 eiers
375ml koekmeelblom
5ml koeksoda
10ml gemmer
1ml sout
2ml neutmuskaat
30ml appelkooskonfyt

Metode
Verhit die bestanddele vir die sous saam tot kookpunt. Laat prut vir 5 minute en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondbak met botter. Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiers een vir een by. Sif die droë bestanddele saam en roer dit by. Roer die appelkooskonfyt by tot goed gemeng. Skep in die gesmeerde bak en giet die afgekoelde sous bo-oor. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin. Sit voor met vla of roomys. Bedien 6 mense.

Advertisements

OUTYDSE MOSTERD

Joey Hannekom

Kyk daar is min goed so lekker as mosterd saam met vleis , veral as dit vark en skaapvleis is.
Die oumense het alles effe soet gemaak, ek weet nie of dit ‘n suid afrikaanse gewoonte is nie, maar ewenwel dit is en bly ‘n lekker gewoonte
Hier volg ‘n outydse mosterd resep. in plaas van dat jy nou ten duurste mosterd uit ‘n bottel in ‘n winkel gaan koop – kan jy jou eie maak en sommer die ou dae ook verlang

Bestanddele
8 t mosterdpoeier
4 e druifasyn
16 t suiker
4 e kookwater
4 groot eiergele – ordentlik geklits

Metode
Klits alles goedsaam. gooi in dubbelkastrol. roer aanhoudend tot die mosterd dik en gaar is. haal van die stoof en roer 1 e koue botter by. Plaas in ‘n mooi skoonglasbottel en bere in die yskas. geniet saam met vleis op jou daaglikse brood.Onthou jy growwe bruinbrood, met plaasbotter, skywe koue boudvleis, tamatie, uie en dan bo-op sout, witpeper en sommer ‘n ordentlik veeg mosterd ?

Outydse souskluitjies

250 ml Koekmeelblom
10 ml Bakpoeier
1 ekstra groot eier, of 2 medium eiers
50 ml Botter
100 ml Vars melk
Knippie sout

Stroop:
700 ml water
Kaneelsuiker
25 ml botter

Metode:
Sif droë bestanddele saam
Vryf die botter in die mengsel met vingerpunte in totdat die mengsel soos broodkrummels begin lyk.
Klits eier en melk saam, voeg by meelmengsel
Meng goed deur.
Bring water en 25 ml botter tot kookpunt.
Skep nou lepels vol van die sagte deeg in die kokende water.
Sit die deksel op die kastrol en bring tot kookpunt.
Stel plaat se hitte na laagste stelling, kook sowat 20 minute.

NB: Moenie die kastrol se deksel tydens die kook proses oplig nie!!!

Skep kluitjies uit in mooi groot bak, sprinkel liggies met kaneelsuiker Voeg nou vinnig 10 groot eetlepels kaneelsuiker met die oorblywende stroop in die kastrol, bring tot kookpunt,
Hou aan roer tot lekker dik stroperige sous
Giet nou die sous oor die kluitjies
Laat rus die kluitjies in stroop vir 10-15 min voor opskep.
Bedien met heerlike warm tuisgemaakte vla.

OuTydse Vla koekies

 

250gram botter

250g gram suiker

2 eiers

1 teelepel vanilla geursel

3 eetlepels vla poeier

4 teelepels bakpoeier

3 koppies koekmeel

Voer bakplaat uit met bak papier

Voorverhit oond 200C

Room booter en suiker tot liggeel

Voeg die eiers en vanilla by, klits goed

Sif die droë bestandele en voeg by.

Meng goed tot stywerige bol.

Draai deeg in kleef plastiek toe en plaas in die yskas vir 20 min.

Rol die deeg en klein truffel grootte balletjies en pak op bakplaat.

Druk effens plat met n vurk en bak vir 10 to 14 min tot net net ligbruin

Laat effens afkoel op die bakplaat voor jy dit verskuif na n afkoel rakkie toe.

Hou in lugdigte houers.

 

Lekker ryk Outydse Ontbytskons

 

Nog n resep van Jan van Niekerk
3 k Koekmeel                                          
1 t Sout
4 t Bakpoeier                                           
2 E Suiker
2 E Vet
Geel van 2 eiers                                       
¼ k Melk
¼ k Water
Metode:
Sif die meel, sout en bakpoeier saam en voeg die suiker by. Meng deur. Werk die vet met jou vingerpunte in. Klits die geel van die eiers met die melk en water en voeg dit by die droë bestanddele. Meng dit, werk liggies-liggies met ‘n mes, sodat sodat die deeg nie gedruk of geknie word nie. Kee die deeg op ‘n plank uit waarop meel gestrooi is. Druk dit plat en deel dit op in kleiner dele. Sit die hopies deeg in gesmeerde kolwyntjiepannetjies. Die resep is genoeg vir 12 groot of 24 klein skonsies. Bak vir 15 minute in voorvewrhitter oond by 250°C. As jy nie van vet hou nie, of nie het nie, gebruik botter.