ARMANS-PAELLA

Bestanddele
375g Russiese worsies, in ringe gesny
1 groot ui, fyngekap
7ml matige kerriepoeier
375ml gaar rys
250g gaar hoender, in blokkies gesny
500g gaar skelvis, gevlok
125ml bevrore ertjies
125ml bevrore pitmielies
2 eiers, geklits
125ml melk
sout en vars gemaalde swartpeper
2 hardgekookte eiers, in ¼ gesny

Metode
Braai die worsies in ‘n bietjie olie tot bruin.
Skep uit en hou eenkant. Braai die ui tot sag,
Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 1 minuut lank.
Voeg die rys by en roerbraai nog
ongeveer 1 minuut lank.
Skep die worsies terug.
Voeg die hoender by en meng.
Voeg dan die skelvis, ertjies en mielies by en meng liggies.
Verhit tot die groente ontdooi het en gaar is.
Meng die eiers en melk saam.
Giet oor die paella en roer tot die eiers gaar is.
Geur na smaak met sout en peper.
Skep op ‘n opdienbord en rangskik die eierkwarte rondom.
Lewer 6 porsies.

Geleen uit Anna Eksteen se boek “ietsie van alles”

Advertisements
 

chicken + chorizo paella

https://lifeisazoobiscuit.com/?tag=non-seafood-paella
Specially for those who are allergic to seafood.
Ingredients
  • 800g Chicken pieces – I take each piece and cleave it into two pieces
  • 2 Chorizo sausages – sliced (+-250g)
  • 2T Olive oil
  • Marinade
  • 2 Garlic cloves – grated
  • 1t Black pepper
  • 1t Salt
  • 50ml Olive Oil
  • 50 ml Nagmaalwyn (Sherry)
  • Other Ingredients
  • 2T Olive oil
  • 3 Garlic cloves – sliced thinly
  • 1 Red pepper – cut into blocks
  • 1 Handful of fresh origanum (or replace with ½t dried origanum)
  • 5 Sprigs of fresh thyme (I use the whole sprigs)
  • 1t Smoked paprika (I did not have smoked paprika so I used normal paprika and added 6 drops of liquid smoke to my stock)
  • 1 Big pinch of saffron – soaked in a little bit of water
  • 50ml Nagmaalwyn
  • 500g Paella rice
  • 1.75L Chicken stock
Instructions
  1. Marinade – Mix all the marinade ingredients together and marinade the chicken for about ½ hour.
  2. Fry the chicken with the chorizo on medium to high heat until nice and brown.
  3. Take out of the pan and add all the rest of the ingredients except the Nagmaalwyn, rice and stock.
  4. Fry for about 5 minutes and then add the Nagmaalwyn to deglaze the pan. Scrape all the beautiful fried pieces from the bottom of the pan.
  5. Then pack the pieces of chicken in the pan – so they are spread evenly and add the sliced chorizo.
  6. Now add ½ of the stock to the pan and then the rice. Make sure all the rice is submerged in the stock.
  7. At this stage you don’t fiddle with the paella – don’t touch it with a spoon, ladle or anything. Cook over medium heat. When the paella looks dry add the rest of the stock and cook till done – about 40 minutes.
  8. Pour yourself a glass of good wine, rope in a few hungry friends and enjoy the flavours and the moment.
 

Paella Met seekos

www.rsg.co.za

Lewer 12 Porsies

Bestanddele
1 kg wit rys
1 teelepel borrie
5 koppies water
1 pakkie seekosmengsel
1 pakkie calamari
1 pakkie mossels
3 uie gekap
½ groen soetrissie
2 tamaties
3 teelepels seekosmasala
1½ teelepel komyn
2 teelepels vismasala
½ koppie asyn
2 knoffelhuises, gekneus
peri-peri (opsioneel)
garnale (opsioneel)
krapstokkies
125 g knoffelbotter

Metode
Kook rys tot gaar met die borrie.
Verhit 5 koppies water met die asyn en knoffel.
Voeg die seekos by, behalwe die krapstokkies en garnale.
Kook vir 10 minute.
Haal seekos uit en hou eenkant.
Braai uie in die knoffelbotter met soetrissie, tamatie, vismasala, seekosmasala en komyn.
Voeg ‘n bietjie van die water by waarin jy die seekos gaar gemaak het.
Voeg die garnale en krapstokkies by.
Laat dit stadig prut.
Meng die hele lot en dis op.

 

Paelle a la Nonnie

Met vergunning van www.funkymunky.co.za

 
4 Gaar Hoenderborsies gevlok
2 Porsies Stokvis in blokkies gesny
1pk Seekosmengsel (Marinara)
750ml Gaar Geelrys
1 Ui in ringe gesny
3 Knoffelhuisies fyngedruk
1 Groen soetrissie in repe gesny
1 Groot ryp Tamatie in blokkies gesny
250ml Bevrore Ertjies
5ml Droë origanum
1pk Tamatiepasta
1tl Kerrie
Sout en Peper
Paar druppels Tabascosous
·          Berei in skottelskaar
·          Soteer uie, knoffel, kerrie en soetrissie in olie tot sag.
·          Voeg tamatie, stokvis en seekosmengsel by en prut tot sag.
·          Voeg hoender, tamatiepasta en ertjies by en roerbraai tot warm.
·          Voeg res van bestandele by en roerbraai tot alles warm is.
·          Genoeg vir 6 – 8 persone.
·          Wenk:  250ml rou rys lewer 500ml gaar rys.

 

Nonnie Erasmus
 

Toerien se Januarie Paella

RSG

Bestanddele
Oorskiet gaar rys – so vier koppies
Olyfolie
1 eetlepel knoffelbotter
1 ui, opgekap
500g stokvis
Gedroogde tamaties
1 x 450g blikkie pynappel, opgesny
Groenrissie, in repies gesny
Sout en peper
Borrie, vir kleur
1 x 200g blikkie mossels of oesters
Suurlemoensap

Metode
Braai alle bestanddele behalwe rys, borrie en suurlemoensap in olyfolie. Wanneer alles amper gaar is, voeg rys by en kleur met borrie. Voeg laastens suurlemoensap en mossels of oesters by.

 

Almal se paella

RSG

Bestanddele
1 koppie rou rys
1 ui, gekap
1 blokkie hoenderaftreksel
1 groenrissie
5 sampioene
Borrie
3 of 4 hoenderborsies, ontbeen en ontvel
Gevriesde seekos mengsel
Pietersielie

Metode
Was rys. Braai uie in bietjie olie. Voeg rys by en braai tot glaserig. Gooi 600ml water en hoenderaftreksel by. Kook vir ongeveer 15 minute. Braai groenrissies, sampioene en borrie saam vir ongeveer 5 minute. Voeg opgesnyde rou hoender en die rys by. Was die seekos mengsel af en voeg dit by en kook vir verdere 3 tot 4 minute. Laastens gooi jy jou pietersielie by. Jy kan ook ‘n paar garnale of chorizo (Spaanse wors) bo-op sit.

 

Paella met Hoender

Bestanddele
1 Groot Hoender 2 k Rys
2 Blikkies Tuna
2 Blikkies Gerookte Mossels
1 Blikkie Ertjies
3 Groot uie
3 Knoffel Huisies
3 Groot Soetrissies
1 Blikkie Tamatie puree
4 Lourierblare
‘n Paar Peperkorrels
‘n Bietjie Worcestersous
3 t Borrie
2 t Suiker
Sout
Peper

Metode Hoender
Kook ontvel, ontbeen en vlok die hoender. Kook rys en laat afkoel.

Metode Sous
Sny ui, soetrissies en knoffel in blokkies en braai tot amper bruin. Voeg Borrie, lourierblare en peperkorrels by. Voeg Worcestersous, tamatiepuree, suiker en 2 koppies water by. kook sous totdat dit dikkerig word.

Meng Metode
Plaas in lae in bakskottel: Rys, hoender, tuna, mossels, ertjies en sous. Herhaal die lae.
Meng versigtig met twee vurke. Verhit stadig in oond. Dien op met knoffelbrood en ‘n Griekse slaai en ‘n bottel lekker rooi wyn.

Wenk
Indien verkies kan ontbeende en ontvelde hoender borsies gebruik word. As hierdie Paella 24 uur voor die tyd gemaak word dan is dit eers heerlik, want dan meng die geure behoorlik.