Pampoen Broodjie

Rohanja

Bestanddele
500ml gaar pampoen fyn gedruk
375ml suiker
125ml kookolie
2 eiers geklits
500ml koekmeelblom
2ml neutmuskaat
2ml kaneel
2ml sout
5ml koeksoda opgelos in 30ml melk.

Metode
Klits die suiker en kookolie by die fyn pampoen. Voeg die eiers by en klits weer goed. Sif die droĆ« bestanddele saam en roer dit by die pampoen en suikermengsel in. Voeg die koeksoda en melk by. Skep die deeg in ‘n gesmeerde brood pan in en bak vir 30 minute by 180C.

Advertisements