PAMPOENPASTEI

Anna Eksteen

Bestanddele
4x250ml pampoen in blokkies gesny, effens gekook.
250ml suiker
2 eiers
250ml meel
10ml bakpoeier
37.5ml gesmelte botter
250ml melk

Metode
Klits suiker en eiers baie goed. Voeg meel, bakpoeier en sout by. Voeg gesemelte botter en melk om die beurt by. Plaas pampoen op die boom van ‘n gesmeerde vuurvaste skottel. Gooi deeg bo-oor en strooi pypkaneel oor. Bak by 180C vir ± 45 minute. Lewer 10 porsies.

Advertisements

Pampoen Pastei

Teresa Meyer

Bestanddele
1 k Gekookte fyn pampoen
3 Eiers
300 ml Room ½ k Gerasperde Kaas
1 e Grasuie
Botter
3 Repies spek
1 Klein gekapte ui

Metode
Kap spek fyn en braai saam met ‘n bietjie botter in ‘n pan. Meng res van die bestanddele. Meng die mengsel met die spek. Plaas mengsel in oondvaste bak. Bak teen 180 °C vir ongeveer 40 minute.