Suurlemoen Blokkies

Meng in pot:

1 Blik condensmelk

250g margerien

1K Suiker

1E Lemoensap of Oros (of bietjie lemoen geursel) + ‘n paar druppels suurlemoensap

(+ skil van 1 lemoen indien verkies)

Smelt oor lae hitte.

 

Maak 2 pakkie Marie biscuits fyn en meng met 2K Klapper.

Meng dit met die warm mengsel en gooi in ‘n gesmeerde rolpan uit.

Laat afkoel.

 

Meng 625ml Versiersuiker met bietjie suurlemoen en lemoensap tot dun genoeg om oor koekies te smeer.

Laat gesmeer pan koekies in yskas (oornag) en sny in blokkies.

Kan 2 weke in yskas gehou word.

Dit vries ook goed.

Advertisements

WAFELS VIR ‘N WAFELPAN

Bestanddele
625 ml koekmeel
3 t bakpoeier
5 ml sout
230g botter/margarien
190 ml suiker
3 eiers
190 ml melk
125 ml kookwater
sonneblomolie vir bak
Verhit wafelpan.

Metode
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Verroom botter en suiker en voeg eiers een-een by en klits goed na elke byvoeging.
Roer meelmengsel beurtelings met die melk by die eiermengsel. Voeg die kookwater by (gebruik bietjie meer indien nodig) en roer dit vinnig deur. Gooi die regte hoeveelheid beslag op ‘n keer in die wafelpan en bak. Sit die wafels voor met gouestroop of heuning en room/roomys.