MIELIEPAPTERT

Anna Eksteen
ABSOLUUT HEERLIK!!!!

Bestanddele
4x250ml gewone of kitsmieliemeel                                 
5ml sout
knypie rooipeper
sowat 2 liter water
125ml gekapte grondbone
250g spek (fyn gesny en gebraai)
250g sampioene (fyngesny en in spek-vet gebraai
1 blikkie suiker,ielies        
250ml Cheddarkaas (gerasper)
50ml suur room of gewone jogurt         
sout en peper na smaak

Metode
Meng mieliemeel, sout, rooipeper en water en kook tot ‘n slap pap. Strooi grondbone in ‘n gesmeerde oondskottel en skep ‘n lagie pap bo-oor. Meng res van die bestanddele en skep beurtelings met pap in lae in skottel- 2 lae spekmengsel en 2 lae pap. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak sowat 1 uur by 180C

Wenk
Wat ‘n kollega van my doen is om alles behalwe die kaas in die pap te meng. Hy skep die helfte van die pap in ‘n bak, dan kaas, dan weer pap en dan die laaste kaas oor die pap. Bak dan 1 uur by 180 grade.

Advertisements

Paptert met room, mielies en Chakalaka

Resep ingestuur deur Erika Foot

Paptert:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bestanddele
Olie
Botter
Beker en half water
Krummelpap meel (ek het whitestar gebruik in grys pakkie)
Houertjie room
Pakkie potato bake
Roast vegetable pasta sous
Klein blikkie chakalaka met mielies
Kaas gerasper
Twee uie opgesny
Tiemie

Om pap te maak…kook een en ‘n halwe beker water in swaarboom kastrol. Sodra kook draai plaat af tot op laagste. Gooi knypie sout in en twee koppies pap (krummelpap meel). Meng deur om krummels te vorm. Sit deksel op en roer elke 10 – 15 minute. Prut so vir ongeveer 50min

In ‘n pannetjie gooi bietjie olie en botter en braai twee opgesnyde uie daarin tot bruinerig. Kan ook bietjie tiemie bygooi.

Plaas gaar krummelpap in ‘n oondvaste bak. Meng dan die volgende by die krummelpap:
gebraaide uie
Blikkie chakalaka
Pasta sous
Meng goed deur

Maak nou die potato bake aan met houertjie room en gooi dit bo-oor die krummelpap mengsel.

Laaste gooi gerasperde kaas oor na smaak.

Bak in oond tot potato bake gestol het.

Lekker eet

Fees pap

Annetjie Cilliers

Bestanddele
3 koppies mieliemeel
6 koppies water
1½ teelepel sout
1 bottel biltong smeerkaas
250ml room
1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek
2 uie
gerasperde kaas

Metode
Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar. Snipper en braai spek en uie. Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel: Pap, dan spek mengsel. Herhaal lae. Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis.