Een bak ete

Woumarie

Bestanddele
100 g botter
200 ml koekmeel
1,2 L warm melk
’n knippie muskaatneut
sout en swartpeper na smaak
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
250 g sampioene, in kwarte gesny
250 g pasta van jou keuse
250 g spekvleis, in stukkies gesny
500 g maalvleis
125 ml (½ k) gerasperde kaas

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smelt die botter en voeg die koekmeel by. Verhit terwyl jy deurentyd roer tot die mengsel begin borrel.
Voeg die warm melk bietjie vir bietjie by terwyl jy aanhou roer. Laat prut tot die sous verdik en gaar is. Geur met muskaatneut, sout en peper. Hou eenkant.

Verhit die olie in ’n kastrol, voeg die ui, groen soetrissie en sampioene by en braai tot die uie deurskynend is. Kook die pasta tot al dente, dreineer en hou eenkant. Wanneer die uie gaar is, voeg die spekvleis by en braai tot die spekvleis amper gaar is. Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en roerbraai tot dit ook gaar is. Skep ’n laag pasta in ’n oondbak, dan ’n laag van die maalvleismengsel en dan ’n laag witsous. Herhaal die proses en sorg dat jy met witsous eindig. Strooi die gerasperde kaas oor en bak 20 minute.

Advertisements
 

Canneloni met groente

Woumarie
Genoeg vir: 6-8
Bereidingstyd: 1 uur
Gaarmaaktyd: 40 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

Bestanddele
1 kg gemengde winter-groente
3 ryp tamaties, grofgekap
olyfolie
3 knoffelhuisies, geskil en gekap
3 selderystokkies, gekap
5 ml droë basilie
2 ml droë tiemie
50 ml botter
1-2 rooi-uie, middeldeur en dan dun opgesny
1 boks cannelloni-buisies
80 ml gerasperde cheddar
30 ml parmesaan
roket vir garnering

KAASSOUS
110 ml (100 g) botter
125 ml koekmeel
1 liter melk
100-200 ml gekrummelde bloukaas

METODE
Skil en sny die groente in klein blokkies of stukkies op – ons het pampoen, wortels, witwortels, patat, blomkool en eiervrug, gesout en
afgespoel, gebruik, maar jy kan enige groente van die seisoen gebruik. sit die groentestukkies saam met die tamaties in ’n oondpan.
Gooi lekker baie olyfolie oor. Voeg dan die knoffel, seldery en kruie by en meng goed deur. Bedek met foelie en rooster vir 20 minute in die verhitte oond. Haal die foelie af, roer deur en rooster sonder die foelie vir nog 20 minute of tot die groente karamelliseer en effens geskroei raak.Terwyl die groente in die oond is, kan jy die botter in ’n kastrol verhit. Voeg die rooi-ui by en soteer tot sag.

KAASSOUS
Verhit die botter in ’n kastrol. Voeg die meel by en roer vir ’n minuut tot glad. Haal van die plaat af. Voeg die melk bietjies-bietjies op ’n slag by en roer die heeltyd. Sit terug op die plaat en roer tot verdik. Roer die bloukaas by. Haal van die plaat af en geur na smaak.

Sit alles Bymekaar
Haal die groente uit die oond sodra dit sag is. Voeg omtrent 100-150 ml van die bereide kaassous by. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Skep die groentemengsel in die cannelloni-buisies en pak dit in ’n gesmeerde oondbak sodat hulle netjies langs mekaar lê.
Smeer die gekaramelliseerde uie oor die buisies. Gooi die res van die sous bo-oor om dit oraloor te bedek. Strooi die cheddar en parmesaan oor. Bak in die verhitte oond vir 40 minute of tot die cannelloni sag is. Garneer met roket en sit voor.

 

VEGETARIES LASAGNE

Woumarie

Bestanddele
lasagne-velle
500g geroomde spinasie
1 botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
250g ricotta
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
sout, opsioneel

METODE
Kook lasganevelle tot gaar en hou eenkant. Braai uie en knoffel, voeg botterskorsie by, sit deksel op en laat dit gaar stoom. Maak botterskorsie en ui fyn (jy moet dit kan “smeer”) Pak die helfte van die spinasie onder in ‘n oondvaste glasbak, dan ‘n laag ricotta, dan die helfte van die botterskorsie en dan ‘n laag pasta. Herhaal die proses. Strooi die Cheddar heel bo-op. Bak teen 180 grade vir 20 minute.

 

MACARONI-EN BULLYBEEF GEBAK

Lynette Muller

Bestanddele
500g macaroni
2 groot uie, geskil en gekap
37.5ml koekmeel
500ml melk
2 groot tamaties, geskil en gekap
300g blik soutbeesvleis, losgebreek
25ml vars pietersielie, gekap
50ml sterk blatjang
10ml gemengde, groen, droë kruie sout en peper na smaak
250ml gerasperde cheddarkaas

Metode
Kook macaroni soos op pak aangedui, dreineer. Braai die uie in die botter  tot  gaar. Voeg die meel by en roer, voeg die melk by en roer totdat die mengsel dik word en kook. Voeg al die oorblywende bestanddele by, behalwe die kaas. Bring tot kookpunt, laat prut en roer sodat die mengsel nie brand nie. Meng nou die sous van die macaroni en skep in ‘n oondvaste glasbak wat gesmeer is. Strooi laaste die kaas oor, en bak by 180C vir 20 minute tot gaar. Die resep lewer sowat ses tot agt porsies. Jy kan 4 geklopte eiers inmeng om die porsies tot tien te vermeerder.

 

SPAGHETTI BOLOGNAISE

Woumarie

BESTANDELE:
Olyfolie
500 gram maalvleis
1 blikkie tamatie puree
1 blikkie tamatie- en uiesmoor (Basiliekruid en Origanumgeur)
1 ui
1 groenrissie
gerasperde Cheddarkaas
Suiker
Rooiwynasyn
Rooiwyn

METODE:
Braai die ui in ‘n bietjie olyfolie tot goudbruin. Voeg groenrissie by enbraai. Voeg rou maalvleis by en braai tot bruin.
Voeg tamatiepuree,tamatie- en uiesmoor, suiker (na smaak), rooiwynasyn (na smaak) enrooiwyn (na smaak) by en laat prut vir 20 minute.
Skep maalvleis oor gaar spaghetti en bedien met blatjang en kaas.

 

PASTA-PESTO MET TAMATIES

Pesto
Tamatie pesto

Bestanddele
60ml olyfolie
60ml sonneblom olie
25ml suurlemoensap
5ml Fondor of Aromat
5ml knoffel poeier
45ml basilie pesto**
125ml songedroogde tamaties
250g macaroni
4 medium tamaties
1 bossie grasuie
500ml jong spinasie
250g fetakaas

Metode
Meng die olies, suurlemoensap, speserye, knoffel en pesto.
Kook die pasta gaar en meng dadelik met die sous.
Meng die res van die bestanddele (behalwe die feta) by en laat staan vir 1– 2 ure.
Net voor opdiening voeg die feta by, geur en garneer.
Lewer 4 porsies.

**Basillie pesto resep   http://www.liplekker.co.za/2018/03/balisie-kruid-pesto-basil.html/

Die sous mengsel alleen sal ook goed vir n basis op n pizza

Met vergunning van Anna Eksteen

 

HAMSOUS

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele
25 ml olie,
125 g ham,
2 klein uitjies,
3 ryp tamaties,
sout & peper,
50 ml gekapte pieterselie.

Metode
Verwarm olie in kastrol, voeg gesnipperde ham en gekapte ui by. Soteer stadig tot uie sag is. Voeg gekapte tamaties by. Bring tot kookpunt, verminder hitte en stowe sonder deksel, 5 minute tot sous dik word. Geur met sout & peper. Voeg pieterselie by en meng goed. Geniet saam met jou gunsteling pasta.

 

MAALVLEISSOUS

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele
25 ml olie,
30 g botter,
500 g maalvleis,
1 groot ui,
250 g sampioene,
12,5 ml meel,
250 ml droë rooiwyn,
350 ml water,
1 beesvleisblokkie,
25 ml tamatiesous,
sout & peper,
2 ml basiliekruid.

Metode
Verwarm olie en botter in groot braaipan, voeg vleis by en druk goed fyn. Roer en braai vleis tot donkerbruin van kleur. Voeg gekapte ui en gesnyde sampioene by, soteer 5 minute. Voeg meel by en roer tot goed gemeng. Verwyder kastrol van stoof. Voeg wyn, water en sopblokkie by en roer tot goed gemeng. Plaas terug op stoof en roer sous tot dit kook en dik word. Voeg tamatiesous, sout, peper en basiliekruid by. Meng goed. Verminder hitte, prut met deksel op 1 uur lank tot sous dik is.

Wenk
Hierdie sous sal lekker wees saam met pasta, pap en oor ‘n snytjie vars brood

 

CREAMY  MUSHROOM & VIENNA  PASTA

Sent in by Rika Theron 

(4 – 6 portions)

Ingredients
1 packet cream of mushroom soup,
500 ml water,
375 g pasta,
1 x 280 g tin vienna sausages/russians,
salt and pepper to taste.

Method
Cook pasta according to instructions.
Slice sausages into bite-size pieces and add to cooked pasta.
Bring the water to a simmer in a small pot, mix soup powder with a little water to form a smooth paste.
Add to simmering water stirring continuously until it thickens.
Pour sauce over pasta and sausages and serve.

 

Des Special

Enige noedels Pasta van jou keuse

2 blikkies uie en tamatie smoor

Bacon (diced gebraai)

2 blikkies Kerrie groente

Sout

Pepper

AROMAT

Sweet Basil

500 ml Cheddar Kaas (selfs meer kaas)

500 ml melk (of 250 ml melk en 250 ml room) of 500 ml room

Botter

Koekmeelblom

Kook noedels tot gaar, voeg nou die 2 blikkies uie en tamatie smoor by. Braai die bacon tot bros voeg die 2 blikkies Kerrie groente by bacon, en roer aanhoudend dat dit nie aanbrand. Maak die witsous, laat botter smelt, voeg die  melk of melk en room of net room, net soos jy dit verkies, kook die melk \ room, voeg lepels vol koekmeelblom by, tot sous dik is, voeg sout, pepper, aromat en sweet basil by. Laat sous afkoel. Meng die pasta en bacon alles saam, spuit Purex bak met Cook and Spray. Rasper kaas, jy kan ook van die kaas by die witsous in meng. Gooi die sous bo-oor, daarna die kaas, strooi bietjie paprika bo-oor kaas. Sit in vooraf verhitte oond (180 grade) tot kaas gesmelt en mooi bruin is.

Heerlik saam mengel slaai, gemaak van blaarslaai, kersie tamaties, komkommer baie klein gesny met skil, avokado in dun skywe gesny, groen appel, ek verkies granny smith appels, ook klein gesny, FETA kaas in klein stukkies gebreek, cheddar kaas in klein blokkies gesny, sout, pepper, enige kruie en speserye. GEEN SOUS is nodig vir hierdie slaai nie!