MATROOSPASTEI 

Rika Theron 

(4 – 6 porsies)

Bestanddele
1 blik sardyne in tamatiesous,
500 ml witsous,
4 hardgekookte eiers, gekap,
50 g gesmelte botter,
225 g blik ingemaakte tamaties,
1 eier, geklop,
750 g aartappels, gekook en fyngedruk,
sout & peper.

Metode
Dreineer sardyne en hou sous eenkant.  Vlok sardyne en meng met eiers en witsous.  Voeg gekapte tamaties en tamatiesous by en skep in oondskottel.  Klop aartappels, botter en eier tesame en geur goed met sout en peper.  Skep bo-op vismengsel.  Bak ongeveer 20 – 30 minute (190°C) tot goudbruin,

Advertisements
 

Beesvleispastei

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies
Maak 2 afsonderlike pasteie vir 25 persone elk

Bestanddele:
2 x 4 kg Ontbeende beesnek of –skenkel in 20 mm blokkies gesny
2 x 80 ml Kookolie
2 x 4 Groot uie
2 x 10 ml Fyngemaalde knoffel
2 x 20 ml Sout
2 x 10 ml Varsgemaalde swartpeper
2 x 20 ml Droë gemengde kruie
2 x 1 Liter warm vleisaftreksel
2 x 150 ml Meelblom

Kors:
2 x 500 ml Bruismeel
2 x 5 ml Sout
2 x 150 g Botter
2 x 125 ml Karringmelk
2 x 3 Ekstra groot eiers
2 x 30 ml Melk

Metode:
Ver die olie in twee groot swaarboomkastrolle en braai die vleisblokkies bruin. Moenie al die blokkies gelyk ingooi nie danmaak dit te veel sous voor die vleis bruinbraai. Voeg die uie en knoffel by en braai 10 minute. Voeg die geurmiddels en verhitte aftreksel by, bedek en prut vir 2 uur 30 minute. Maak ‘n pasta van die koekmeel en water en voeg dit by die potte. Prut nog 15 minute tot die sous lekker dik is.

Kors:
Sif die droë bestanddele in twee afsonderlike groot mengbakke. Vryf die botter met die vingerpunte in , klits die karringmelk, eier en melk saam en meng met die meel tot ‘n sagte deeg gevorm het. Plaas in die yskas vir 1 uur. Rol die twee stukke deeg 1cm dik uit. Skep die vleis in twee groot oondpanne en bedek met die deeg. Smeer geklitste eier oor die deeg. Bak die pasteie in voorverhitte oond by 200°C vir 25 minute. Lewer 25 porsies per pastei.

 

Hoenderpastei Resep 1

(genoeg vir 8)

Resep en foto: Sarie.com

Suurroomdeeg

  • 250 g koekmeel
  • 1,5 ml fyn sout
  • 125 g botter
  • 125 ml suurroom

Hoendervulsel

  • 1,7 kg hoenderporsies met vel en been
  • 1 x 10 cm prei
  • 12 tiemietakkies
  • 2 x 5 cm roosmaryntakkies
  • 4 pietersielietakkies
  • 4 lourierblare
  • 2 selderystingels met blare, in 2 cm-stukke gesny
  • 1 groterige ui, gekap
  • 4 kleinerige wortels, in ringe gesny
  • 2 blokkies hoenderaftreksel, in 500 ml kookwater opgelos
  • 750 ml droë witwyn
  • 250gknopiesampioene, gesny
  • 125 g repiespek, in 1 cmstukke gesny
  • 600 g skoongemaakte prei, in ringe gesny
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • Hoenderaftrekselsous
  • 2 eetlepels (30 ml) ghee of botter
  • 4 eetlepels (60 ml) koekmeel
  • ¼ teelepel (2 ml) sout
  • ¼ teelepel (2 ml) swartpeper
  • 500 ml hoenderaftreksel wat behou en opsygesit is
  • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen

Roomsous

  • 125 ml suurroom
  • 30 ml suurlemoensap
  • skil van 1 suurlemoen, gerasper
  • 30 ml vars gekapte of 15 ml droë dragon (tarragon)
  • 30 ml vars pietersielie, gekap
  • 3 eiers
  • 30 ml dijon-mosterd

Suurroomdeeg

Sif meel en sout saam. Sny botter in klein stukkies en vryf in meel tot dit soos broodkrummels lyk. Maak holte in middel en gooi suurroom in.

Sny room in met mes tot deeg vorm. (Jy kan dié hele proses ook in ’n voedselverwerker doen.)

Bedek deeg met kleefplastiek en sit vir 1 uur in yskas om ferm te raak.

Hoendervulsel

Verhit groot swaarboomkastrol op stoof en gooi bietjie olyfolie in.

Braai hoenderporsies tot vel mooi bruin is. Hou eenkant. Maak die bouquet garni: Sny die prei in lengte, maar nie deur nie. Vul met tiemie, roosmaryn, pietersielie en lourierblare. Bind vas met kombuistou of vleisrekkie. Sit hoender terug in die kastrol. Voeg bouquet garni, seldery, gekapte ui en wortels by. Gooi hoenderaftreksel en wyn by. Sit deksel op. Bring tot kookpunt en verlaag hitte. Prut vir 40 minute.

Verhit intussen 30 ml olyfolie in ’n groot pot oor medium-hitte. Braai sampioene tot mooi bruin. (Dis belangrik dat die water uitgekook word, anders sal dit die vulsel waterig maak.) Haal uit en hou eenkant.

Braai spek vir 5 minute oor mediumhitte in dieselfde pot en roer aanhoudend. Voeg preie en knoffel by, meng en sit deksel op. Roer gereeld en kook vir 15 minute of tot preie sag is.

Voeg gebraaide sampioene by en hou mengsel eenkant. Haal hoender ná 40 minute uit en behou aftreksel in pot.

Laat hoender afkoel, trek vel af en haal dan vleis met die hande van die bene af. Bedek vleis en hou in yskas. Gooi bene en vel terug in hoenderaftreksel in pot. Bring op stoof tot kookpunt, verlaag hitte en prut sonder deksel vir 20 minute. Gooi hoenderaftreksel deur ’n sif wat met kaasdoek uitgevoer is om minstens 500 ml hoenderaftreksel te behou.

Hou aftreksel eenkant warm om die hoenderaftrekselsous te maak.

Hoenderaftrekselsous

Smelt die ghee (suiwer bottervet) of botter in ‘n klein souspot oor medium-hitte en roer die koekmeel by tot goed gemeng. Geur met sout en peper. Voeg die warm aftreksel by. Roer nou aanhoudend vir 3 – 5 minute of tot sous verdik het. Prut nog 5 minute oor lae hitte, maar roer aanhoudend. Hou eenkant en laat effens afkoel.

Vir die roomsous

Meng die suurroom, suurlemoensap, suurlemoenskil, dragon, pietersielie, eiers en mosterd goed saam.

Maak die pastei

Verhit oond tot 200 °C.

Haal hoendervleis uit yskas en vlok dit. Voeg mengsel van gebraaide sampioene, spek, preie en knoffel by.

Voeg nou roomsous en hoenderaftrekselsous by. Meng goed deur.

Smeer ‘n metaal-pasteibak met ‘n deursnee van 24 cm en ‘n diepte van 5 cmmet botter.

Rol deeg uit om een 36 cm-deegsirkel en een 28 cm-deegsirkel uit te kry.

Voer bodem van die bak versigtig uit met die 36 cmdeegsirkel en laat 2 cm van die deeg oor die rand hang.

Klits een eier en verf die deeg met die eier om dit te seël. Giet die hoendervulsel daarin. Sit die tweede deegsirkel bo-op en vou die rand in ‘n mooi patroon om die pastei te seël, of gebruik ’n vurk.

Maak van die orige deeg blaartjies om die pastei bo-op te versier. Maak ’n 2 cm-stoomgaatjie in die middel bo-op die deeg om die stoom te laat ontsnap. Sit twee blaartjies regop om die stoomgaatjie om dit oop te hou. Verf deeg met geklitste eier – nie in stoomgaatjie nie.

Bak vir 20 minute op die tweede rak van onder in die oond.

Verlaag hitte tot 180 °C en bak vir nog 40 minute of tot die pastei mooi goudbruin is. Laat koel effe af en sit voor.

 

OUMA DINIE SE HERDERSPASTEI – Met maalvleis – baie lekker

Ingestuur deur Malinda van Deventer

Bestanddele
1 Ui, fyngekap
500gr Maalvleis
1 Tamatie, ontvel en fyngekap
10ml Worcestersous
1 groot Eier, geklits
1 sny Brood, korsies verwyder en gekrummel
30ml Tamatiepasta
50ml Suurroom
60ml Maaskaas
50ml Gerasperde Cheddarkaas
4 Aatappels, geskil en in stukke gesny
Paprika
Sout en varsgemaalde Swartpeper
Olie

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Soteer die ui in olie tot sag.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar.
Voeg die tamatie by en geur met sout en peper.
Voeg die worcestersous en tamatiepasta by en meng deur.
Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.
Kook die aartappels tot sag.
Dreineer en druk goed fyn.
Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur.
As die aartappels te dik is, gooi margarien by.
Skep lae van die maalvleis en aartappels in die voorbereide oondbak en eiendig met aartappels.
Strooi kaas en paprika oor en bak vir 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.

 

Beter as Seks Koekie Pastei

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Onbekend

Bestanddele:
1 Pak skilferkorsdeeg
500 ml Choc Chip koekiemengsel
250 g Botter
2 Eiers
250 ml Semi soet sjokolade stukkies (chips)
8 Roomyslepels roomys
125 ml Karamelsous
125 ml Sjokoladesous
250 ml Klein gebreekte stukkies Toffie Candy Stafies

Metode:
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Voer ‘n 16cm x 16cm glas pasteibak uit met die pasteideeg.
Gebruik ‘n groot mengbak en voeg die koekmengsel, eiers en sjokolade stukkies daarin.
Meng goed saam en skep in die pasteibak en smeer gelyk tot op die kante.
Bak in voorverhitte oond vir 45 minute.
Laat 30 minute staan en sny in 8 skywe.
Skep ‘n roomyslepel vol roomys op elke skyf.
Gooi nou van die karamelsous en sjokolade sous oor
Laastens word die gebreekte stukkies toffie oorgestrooi.
Dis lekker verby

 

DRIEVLEIS PASTEI:

Anna Eksteen

Bestanddele
1kg beesfilet, in blokkies gesny
250ml koekmeelblom
250g bladspekvleis, in blokkies gesny
sout en peper na smaak
5-6 skaapniertjies, vlies en pypies verwyder
1 ui, gekap
250g knopie sampioene, in skyfies gesny botter
1-2 rolle bevrore skilferkors ontdooi
geklitste eiergeel

Metode
Voorverhit die oond tot 200C. Meng die filet, niertjies en spekvleis saam. Geur liggies met sout en swartpeper en rol in koekmeelblom. Soteer die ui en sampioene in genoeg botter totdat die ui sag is. Skep uit en braai die vleismengsel in nog botter tot die vleis gaar is. Meng met die uiemengsel. Rol die skilferkors dunner uit en voer ‘n groterige oondbak of 2 kleineres, daarmee uit. Skep die vulsel in. Verf die borand van die bak met water en bedek die vulsel ook met deeg. Druk die kante vas met ‘n vurk. Verf die kors met geklitste eiergeel en bak sowat 25-30 minute lank of tot die kors goudbruin is.

 

Vrugte-“mince”-pasteitjies

Dit maak 15 tot 20 pasteitjies.

Bestanddele
150 ml vrugte-“mince”
1 groot eier, geklits
20 ml strooisuiker
1 rol skilferkorsdeeg, klaar uitgerol
50 ml versiersuiker

Metode:
Voorverhit die oond op 160°C . Klits die eier en strooisuiker saam en sit eenkant. Gebruik ‘n koekiedrukker met ‘n deursnee van 5 cm en druk deegsirkels uit. Plaas dit op ‘n gesmeerde bakplaat. Verf die deeg met die eiermengsel. Wees versigtig om nie die eier oor die ran te van die deegsirkels te laat loop nie, want anders sal die deeg nie pof nie. Druk met ‘n vurk ‘n paar gaatjies in die middel van die deegsirkels om te keer dat die deeg in die middel pof. Plaas nou ‘n teelepel vrugte-“mince” in die middel van elke deegsirkel en bak vir 15 tot 20 min. totdat die deeg goudbruin en gaar is. Haal uit die oond en plaas op ‘n afkoelrak. Sif versiersuiker oor.

 

Vleis Pastei

Bestandele
1 Kg Bees cocktail worsies of oorskiet braaivleis
1 Middelslag Ui (Gesny)
3 Middelslag Tamaties (Gesny)
1 Pakkie gesnyde Sampioene
1 Pakkie Royco Saucy Barbeque Sausage
1 Eetlepel Tamatiesous
2 Eetlepels Chutney
15 ml Kookolie (Olyf olie as jy wil)

Kors
3 Eiers
375 ml Sonneblom olie
375 ml Melk
360 ml Koekmeel
3 ml Sout
30 ml Bakpoeier

Klits al die bestandele vir die kors saam om ‘n sagte gladde deeg te vorm

Oondvaste bak van 30cm x 30cm

Metode
Voorverhit oond tot 180 °C —– Baktyd 20 minute
Braai Uie tot sag en voeg Tamaties by, gooi die Sampioene by en kook tot sag.
Voeg Tamatiesous en Chutney by. Meng Royco Saucy Barbeque Sausage met 300 ml water
en gooi by sous. Sny worsie in derdes en braai tot gaar of sny Vleis in 1 cm stukkies.
Gooi vleis in gesmeerde bak en voeg die sous by. Giet korsdeeg bo-oor.
Bak tot kors ligbruin vertoon (Ongeveer 20 minute)

Nota!!!
Die kors is so saam gestel dat dit in derdes werk

1, 2, 3 Eiers
125, 250, 375 ml Olie
125, 250, 375 ml Melk
120, 240, 360 ml Koekmeel
1, 2, 3 ml Sout
10, 20, 30 ml Bakpoeier

Hierdie is spesiaal gedoen sodat jy verskillende bakke kan gebruik, moenie kleiner gaan as ‘n bak van sowat 15 x 20 cm nie. Jou bak moet ook redelik diep wees (10cm) omdat die kors redelik uitrys.

 

VINNIGE PASTEIDEEG

 

(Uit Kermiskos)
1 k koekmeel
2 t bakpoeier
knippie sout
125 ml melk
125 ml sonneblomolie
1 eier

 

Smeer pasteibak.  Sif meel, bakpoeier en sout saam.  Klits melk, olie en eier saam.  Voeg die meelmengsel by die vloeistof en meng tot sagte deeg.
Smeer die deeg in pasteibak, skep vulsel in en skep res van deeg oor vulsel.  Smeer glad en bak by 180ºC.
 

HOENDERPASTEI Resep 2

1 groot hoender
50 ml olie
2 uie, fyngesny
750 ml kookwater
4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
sout, peper en hoenderspeserye
1 pakkie sampioensoppoeier
250 ml koue water

Kors:
450 ml meelblom
4 t bakpoeier
2ml sout
50g margarien
2 eiers
1 k melk

Vulsel:
Sny hoender in stukke.  Verhit olie in groot swaarboomkastrol en soteer uie daarin totdat dit sag en deurskynend is.  Voeg hoenderstukke, aartappelblokkies, geurmiddels en kookwater by, sit deksel op en stowe tot hoender sag is.  Laat hoender droogkook en braai dit dan stadig bruin.  Ontbeen hoender en sny die vleis in blokkies en plaas vleis terug in kastrol.  Meng soppoeier en koue water, voeg by vleis en prut vir 10 minute.  Skep hoendervleismengsel in reghoekige oondskottel.

Kors:
Sif droë bestanddele saam.  Vryf margarien in.  Klits eiers en melk saam en maak meelmengsel daarmee aan tot slap deeg.  Skep lepelsvol deeg op vleis en versprei egalig oor hele bak.  Bak ongeveer 30 minute lank by 180ºC tot gaar en goudbruin.