MAALVLEISPASTEI

1 kg maalvleis                                                                 
2 k koue water
1 k sagte broodkrummels                                           
25 ml asyn
10 ml sout                                                                         
knippie peper
Kors:
1 eier                                                                                   
125 ml olie
125 ml melk                                                                      
1 k meel
2 t bakpoeier                                                                   
2 ml sout

Plaas bestanddele vir die vulsel in pot.  Meng met vurk. Verhit tot kookpunt, roer gereeld en laat kook vir 5 minute. Voorverhit oond tot 180ºC en skep vleismengsel in skottel.
Klits eier, olie en melk saam.  Roer meelmengsel by en skep beslag bo‑op vleis.  Bak vir 30 min tot goudbruin.
Hierdie tert vries baie goed.

Advertisements

Boerewors Pastei

Lynette

Bestanddele
Boerewors, genoeg om ronde tertbak vol te le.
Pakkie Bruin uiesop poeier
1 Gesnipperde Ui
Sout
Peper
Gemengde Spesery na smaak
Pasteideeg
2 Aartappels in blokkies gesny
250 ml Room
2 Gerasperde Wortels

Metode
Voer ronde tertbak uit met pasteideeg. Hou genoeg deeg om bo oor pastei te sit. Braai wors aan weerskante vir 30 sekondes, Hou dit in rol gedraai. Plaas die rol wors op die deeg in tertbak. Braai aartappels, ui, wortels, sout, peper en speserye in bietjie margarien. Los mengsel in pan. Kook room en soppoeier tot dik. Voeg room mengsel en voeg by aartappelmengsel. Kook ‘n rukkie saam terwyl aanhoudend geroer word. Gooi mengsel bo oor wors. Rol oortollige deeg uit en bedek die wors. Bestryk deeg met geklitste eier en melk. Bak teen 180º C vir een uur lank.

Hoenderpastei

Frik Lombard

Bestanddele – Hoender
Genoeg hoender vir gesin
Gemengde Groente
Ui
Sout en Peper

Bestanddele – Kors
1 Eier
1 Koppie Meel
1 t Bakpoeier
Sout en Peper na smaak
Kruie en speserye

Metode
Kook die hoender en ui saam tot hoender sag is. Skep hoender uit die water en laat afkoel. Vlok die hoender en hou eenkant. Kook nou die groente sommer in die hoender aftreksel. Gooi die meel en bakpoeier in ‘n mengbak. Gooi nou sout, peper en kruie en speserye na smaak in. Maak gaatjie in middel en breek die eier daarin. Meng goed en begin om melk stadig by te voeg. Die mengsel moet slap wees maar nie te loperig nie. Meng die hoender en groente in ‘n ander mengbak. Plaas nou die hoender mengsel in ‘n oondbak. Gooi die deeg nou oor die hoender en bak in ‘n matige oond tot mooi bruin.