Grondboontjiebotter kaaskoek

KORS
200 g (1 pak) Romany Creams
2,5 ml (1/2 t) fyn kaneel 60 ml (4 e) botter, gesmelt

VULSEL
750 g (3 x 250 g-bakkies) laevet roomkaas
250 ml (1 k) strooisuiker
75 ml (5 e) gladde grondboontjie botter
60 ml (4 e) koekmeel
4 ekstra groot eiers
125 ml (1/2 k) melk

BOLAAG
385 g (1 blik) karamelkondensmelk
200 g (1 groot plak) donker sjokolade, gesmelt
1 groot grondboontjie broslekkers, grof gekap

Stel oond op 180 C.

KORS
Kap koekies en kaneel in voedselverwerker fyn.
Voeg botter by en meng goed.
Druk koekie mengsel op bodem van losboom koekpan met 24 cm-deursnee vas.

VULSEL
Meng roomkaas, strooisuiker en grondboontjie botter goed.
Sif koekmeel bo-oor roomkaasmengsel en meng goed.
Klits eiers en melk goed en meng by roomkaasmengsel.
Skep vulsel in tertkors en bak vir 20 minute.
Draai hitte laer na 150C en bak vir nog 45 minute.
Sit oond af, maak oond deur effens oop en laat kaaskoek vir nog 1 uur in oond staan.

BOLAAG
Meng kondensmelk en sjokolade.
Skep sjokolade mengsel bo-op kaaskoek en sprinkel broslekker stukkies bo-oor.
Maak kaaskoek los uit losboom koekpan en sit in skywe voor.
Hou in yskas.

Moenie broslekker te lank voor die tyd op kaaskoek sprinkel nie, want dit raak taai wanneer dit met vog in aanraking kom.

Bron vroukeur

Advertisements
 

Gesondheids koekies (1978 resep)

Koekoes Vorster

Bestanddele
1 koppie (250ml) Heuning
1 Koppie (250ml) Grondboontjie botter
2 Koppies (2 x 250ml) volroom melk poeier

Bestanddele
Meng alles saam en druk in pan. Sny in blokkies. Fyn gesnyde sultanas kan ook bygevoeg word.

Wenk
Vir n meer gesonder opsie: gebruik laevet poeier melk en suiker vrye grondboontjie botter

 

Peanut butter no-bake fridge cake

 

 

 

 

 

 

Ingredients
1 x 200 g Tennis biscuits packet
2 x 250 g full-cream cream cheese tubs
1 x 385 g condensed milk can
450 g peanut butter
½ cup Woolworths chocolate dessert sauce
½ cup Woolworths toffee dessert sauce
1 x 250 g Woolworths chocolate hazelnut butter spread jar (optional)

Cooking Instructions
Coarsely crush the Tennis biscuits, then mix with the cream cheese, condensed milk and peanut butter. Press into a 15 cm springform cake tin lined with clingwrap. Chill for 4 hours. Remove from the cake tin, remove the clingwrap and place on a serving dish. Use the chocolate dessert sauce to lightly coat the outside of the cake and top with the caramel dessert sauce and chocolate hazelnut butter.