KERRIE PERSKESLAAI

Ingestuur deur Joey Hannekom

1 groot ui, gekap
1 groen soetrissie, gekap ( dit kan ook uitgelos word )
20g (25 ml) botter of margarien
125 ml wit asyn
25 ml witsuiker
25 ml mielieblom
5 ml kerriepoeier
5 ml borrie
1 groot blik perskeskywe

Soteer die ui en die soet rissie in die botter of margarien. Meng die asyn, suiker, mielieblom, kerrie en borrie deeglik. Dreineer die perskeskywe. Meng die kerriemengsel met die stroop, giet dit oor die ui en kook tot dik.
Proe aan sous en voeg nog smaakmiddels by, indien nodig.
Laat afkoel. Snipper die perskeskywe in ‘n slaaibak. Giet die kerrie sous oor en meng liggies.

Advertisements

Macaroni en Vrugteslaai

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele Macaroni
250 G Macaroni
15 ml Olie
1 Klein pynappel geskil en in blokkies gesny of 1 x 410g pynappelstukke
3 Piesangs geskil en in skyfies gesny. Besprinkel met suurlemoensap
1 x 410g Perskeskywe gedreineer
1 x 410g Jong ertjies gedreineer
‘ Paar kruisementblare vir garnering

Bestanddele Sous:
125 ml Bier
125 ml Cross & Blackwell Mayonaise

Metode:
Kook die macaroni in soutwater vir 12 minute.
Dreineer en spoel af onder koue lopende water.
Meng pasta liggies deur met die olie en plaas in slaaibak.
Voeg die pynappel, piesang, perskes,en ertjies by en meng deur.
Gooi die bier en mayonnaise in ‘n fles en skud tot goed gemeng.
Gooi oor die slaai.
Garneer met kruisementblare en plaas in yskas.
Lewer 8 porsies

Variasies:
Vervang perskes met lietjies.
Vervang bier met pynappelstroop of natuurlike jogurt

Chicken Fruit salad

Ingredients
4 Chicken Breasts deboned
2 Apples (or pears)
2 Peaches (or mango if in season)
1 Pineapple
Any othe Fruit like grapes can also be used
Light Salad Yogurt Herb sauce
Mixed Nuts
Couscous

Method
Prepare Couscous for 4 people. Cut the chicken in strips and fry till brown and add salt and spices to taste. Dice the fruit and mix with chicken – sprinkle nuts. Add couscous and mix well. Dress with the salad sauce.

Perske en parmaham voorgereg

Bestandele
(Gebruik hoeveelhede volgens smaak)
Soet ryp kaalgatperske, gewas en in skywe gesny
Parmaham of enige goeie papierdun gesnyde ham bv pancetta
Vars roketblare
Fetakaas, gekrummel
Olyfolie
Balsamiekasyn

Metode
Draai die parmahamskywe afsonderlik
om elke perskeskyfie. Verhit intussen
olyfolie in ‘n pan en braai die ham – en
– perskerolletjies tot bros. Bedien dit onmiddellik op vars roketblare en bedruip met olyfolie en balsamiekasyn.

Krummel Fetakaas oor en siedaar –
makliker en smaakliker kan dit wragtag
nie.

Lewer en perske-broodjie

250 g ontbytspek 
1 ui, gekap 
20 g botter 
250 g hoenderlewers 
250 g gemaalde beesvleis 
sout en peper na smaak 
410 g perskeskywe, gedreineer 
50 g vars broodkrummels 
20 ml fyn gekapte pietersielie 
1 eier, geklits 
4 ontbeende hoenderborshelftes 

Voorverhit die oond tot 180º C en smeer n broodpannetjie en voer dit uit met die spekvleis, hou die wat oorbly. Braai die ui in die botter tot sag en laat afkoel. Meng die hoenderlewers en oorblywende spek met die ui en maal dit saam in n voedselverwerker. Voeg die maalvleis by en geur met die sout en peper. Kap die perskeskywe in stukkies en voeg dit by die maalvleismengsel. Voeg ook die broodkrummels, pietersielie en eier by. Meng alles saam met n groot vurk. Skep die helfte van die vleismengsel in die bereide pan. Sny die hoendervleis in stukkies en plaas dit bo-oor die vleismengsel. Skep die oorblywende vleismengsel bo-op. 
Bak die broodjie 1 uur lank of tot gaar. Laat afkoel en plaas liefs n rukkie in die vrieskas voor dit gesny word. 

RYSVORM MET HAM EN PERSKE

 

(Berei reeds vorige aand voor)
500g McCain Combo’s Spanish Stir Fry                    
125ml voorbereide hoenderaftreksel
20g (2 koervertjies) gelatien                                        
65ml kookwater
6 heel sprietuie, dun gesny                                         
180g ham, in blokkies gesny
250ml geblikte perskes, in blokkies gesny                 
90ml gekapte pietersielie
125ml laeolie mayonnaise                                         
125ml suurroom geurmiddels: knoffel- en kruiesout en gemaalde swartpeper
Plaas McCain roerbraai in n kastrol en voeg aftreksel by. Roer goed, bring tot kookpunt, verminder hitte en laat prut tot gaar, ongeveer 10 minute. Spons gelatien in n bietjie koue water en roer in kookwater tot opgelos. Meng roerbraai deeglik met gelatienoplossing en res van bestanddele. Giet mengsel in ‘n geskikte vorm wat met kleefplastiek uitgevoer en dan met kleefvrye sproei bespuit is. Plaas minstens 4 uur in yskas om te stol. Keer net voor bediening
uit, garneer en bedien.

Kerrie Perske pasta slaai

250 g Skulpnoedels
7 ml Sout
25 ml Kookolie
75 ml Perskestroop
1 Groot ui fyngekap
250 ml Mayonnaise
75 ml Vrugte blatjang
1 Blik ertjies,
15 ml Matige kerrie poeier
10 ml Borrie
1 Blik taaipit perskes gedreineer en klein gesny

Metode:
Kook noedels tot sag, dreineer en spoel onder koue water af.
Sorteer helfte van ui in olie. Voeg blatjang, kerriepoeier, sout, borrie en perskestroop by. Meng goed en laat 2 minute prut.
Verwyder van hitte en meng res van die rou ui met mayonnaise, Voeg perskes en ertjies by.
Vou kerriemengsel en noedels liggies by.

Butternut slaai

Bestanddele en Metode
1 rou butternut (medium) gerasper.
Blikkie perskes of ingelegde mango, fyn gesny.
Meng met mekaar en laat oornag in die yskas. (toegemaak).
Net voor opdiening voeg jy een pakkie aangemaakte pynappel of perske jellie by en meng goed.
(jellie moet nie gestol wees nie, net so waterig) .

Frikkadelle in Perske en Rosyntjie sous

Bestanddele
Frikkadelle
1 Dik sny witbrood sonder korsies
100 ml Melk
500 g Maalvleis
20 ml Asyn
7 ml Sout
3 ml Grofgemaalde Swartpeper
3 ml Gemengde Kruie

Bestanddele
Sous
1 Ui gekap
12,5 ml elk van die volgende: Blatjang, Worcestersous, sojasous, tamatiesous en sonneblomolie
1 Pakkie bruin uie sop
100 g Pitlose rosyne
125 g Gedroogde Perskes – gesnipper

Metode
Week brood in melk. Voeg res van Frikkadelle se bestanddele by en meng liggies met vurk. Vorm Frikkadelle. Gooi Blatjang, Worcestersous, sojasous, tamatiesous, sonneblomolie en mosterdpoeier in ‘n maatbeker. Vul die maatbeker tot op 500 ml met water. Voeg soppoeier by en meng goed. Voeg perskes by. Gooi uie in mengsel en kook saam vir 5 minute. Sit Frikkadelle in oondvaste bak en gooi sous oor die frikkadelle. Plaas in voorverhitte oond van 180º C. Bak in oond vir 30 minute.
Voeg nou rosyne by en bak vir ‘n verdere 30 minute.