Soet Hoendervlerkies met ‘n Byt

Huisgenoot

Bestanddele
60 ml (¼ k) meel
sout en peper
10 ml (2 t) Cajun-speserye
5 hoendervlerkies
30 ml (2 e) botter
3 jalapeno-rissies, gesny
250 ml (1 k) soetrissiesous
410 g (1 blikkie) Mexikaanse tamaties
45 ml (3 e) water
15 ml (1 e) room

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die meel, sout, peper en speserye.  ebruik die helfte van die mengsel om die vlerkies mee in te vryf en sit 30 minute eenkant om uit te droog. Bestrooi dan met die orige mengsel. Verhit die helfte van die botter in ’n kastrol oor matige hitte en braai die vlerkies aan albei kante bruin. Haal uit die kastrol, plaas in ’n oondpan en bak 15 minute in die oond. Voeg die jalapeno-rissies, soetrissie, tamaties en water in die kastrol wat vir die vlerkies gebruik is. Laat prut 5 minute, roer die room by en plaas die hoender terug in die kastrol.
Bron: Huisgenoot

Advertisements
 

MIELIEMEELHAPPIES 

Rika Theron

Bestanddele: 
375 ml melk
375 ml mieliemeel
1 groot ui, fyn gekap
1 groot groen soetrissie, fyn gekap
2 stele seldery, in ringe gesny (opsioneel)
2 medium wortels, in dun ringe gesny
50 ml botter
500 ml koekmeelblom
20 ml bakpoeier
5 – 7 ml sout
5 – 7 ml tiemie
1 ml rooipeper
1 ml neutmuskaat
25 ml suiker
3 ekstra groot eiers, effens geklits.

Metode: 
Voorverhit die oond tot 180°C.  Smeer twee panne van 24 x 24 cm met margarien.  Verhit die melk tot kookpunt in ‘n groot kastrol op die stoof.  Voeg die mieliemeel lepelsgewys by terwyl aanhoudend geroer word.  Meng goed en verwyder dan van die stoofplaat.  Laat effens afkoel.  Soteer die groente in verhitte botter tot effens sag.  Voeg by die mieliemeelmengsel en meng goed.  Meng die res van die bestanddele, buiten die eiers, goed saam.  Voeg dit beurtelings met die geklitste eiers by die mieliemeelmengsel en meng goed.  Verdeel die mengsel in twee en skep in die voorbereide panne.  Bedek en bak 30 minute lank of tot gaar.  Sny in blokkies en dien warm of koud op saam met tuisgemaakte tamatiesous.

Variasie: 
Skep lepelsvol van die mengsel in verhitte olie en diepvetbraai tot goudbruin en gaar van binne.  Dreineer op handdoekpapier.

Vir ‘n vinnige tamatiesous: 
Gebruik ‘n blik tamatie-en-uiesmoor, geur dit met sout, swartpeper en basielkruid en kook dit af totdat dit nie meer waterig is nie.

 

Klein Frikkadelle

Dankie vir jou resep Jan

Bestanddele
2 Eiers
125 ml Water
250 ml Vars broodkrummels
5 ml Sout
1 ml Peper
1 Knoffelhuisie, gekap
400 g Gemaalde beesvleis
100 g Varkmaalvleis
125 Gerasperde Mozzarellakaas
Olie vir diepbraai

Metode:
Klits eiers en water saam. Voeg krummels, sout, peper en knoffel by en meng dit goed. Laat staan dit 5 minute lank. Voeg die vleis en kaas by en meng alles goed saam. Vorm klein frikkadelletjies en braai in warm olie tot bruin en gaar. Bedien saam met fyn aartappels en gestoomde groente. Lewer 4 porsies.

 

KAASGEVULDE FRIKKADELLETJIES:

(Dit lewer sowat 20 klein frikkadelletjies)

Betanddele
500 g maer beesmaalvleis
gerasper
1 medium ui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak gesny
olie vir braai
1  kookappel,  ontkern,  geskil  en
10 ml vars tiemie of 3 ml droë tiemie 
250ml Tusser-kaas, in 1 cm blokkies 

Metode
Meng die maalvleis, appel, ui, tiemie, sout en peper liggies met ‘n vurk saam. Verdeel in 20 eweredige dele en vorm in balletjies, druk ‘n blokkie kaas in die middel van die frikkadelletjie. Vorm die maalvleisballetjie om dit heeltemal te bedek.   Bedek en verkoel tot benodig.   Braai in verhitte olie tot gaar. Sit warm of koud voor. 

 

Redro deegrolletjies

Bestanddele
400g gekoopte skilferdeeg
50ml Redro vissmeer

Metode
Voorverhit oond tot 200ºC. Besprinkel werkoppervlak liggies met meel & rol die skilferdeeg dun uit (30 x 30cm). Smeer vissmeer oor deeg. Smeer die rand van deeg liggies met water. Rol deeg stewig op ʼn kleefplastiek & plaas in yskas vir 30min. Sny die rolletjies in ½cm skyfies & plaas op liggies gesmeerde bakplaat. Bak sowat 25-30 minute tot ligbruin. Sit voor by kamertemperatuur.

 

Hoenderboudjies

Elize van Zyl

Bestanddele
1 Hoender
1 Aartappel
Sout, peper en Geursel na smaak
Eier
Krummels

Metode
Kook hoender gaar en van die bene af. Geur soos verkies. Ontbeen die vleis en maal grof. Kook aartappel fyn en meng met die hoender. ½ van die hoender se sous moet bygevoeg word. Gebruik net genoeg sous totdat vleis kan bolletjies vorm. Vorm bolletjies in ‘n hoenderboudjie vorm. Druk rou macaroni in smal kant van die boudjie. Rol in eier en krummels. Bak in diep olie vir net ‘n kort rukkie.

Wenk
Die boudjies vries goed. 5 Hoenders maak genoeg boudjies vir 100 mense. Gebruik 1 aartappel vir elke hoender.

 

Brandewyn Bomme

Estelle Bosman

Bestanddele
100 ml Goue Stroop
200 g Sjokolade
200 g Pekan neute
150 ml Brandewyn
2 Pakkies Tennis Beskuitjies
Versiersuiker

Metode
Maak Tennis beskuitjies fyn. Breek die pekan neute. Breek sjokolade in ‘n diep bak en voeg stroop by. Mikrogolf teen 50% krag tot gesmelt. Roer mengsel goed. Voeg beskuitjies, neute en brandewyn by. Meng Goed. Rol in bolletjies en rol dan bolletjie deur versiersuiker.

Wenk
Plaas Bolletjies in yskas. Die bolletjies is op hulle lekkerste na ‘n week. Kan tot 3 weke in yskas bly.