PIESANG BLATJANG:

Anna Eksteen

Bestanddele
12 geskilde piesangs, in ringe gesny
250 ml sultanas
2 groot gekapte uie
250 ml suiker
15 ml kerriepoeier
500 ml wit asyn
15 ml sout
knippie rooipeper
2 stukke pypkaneel

Metode
Meng die bestanddele in ‘n geskikte kastrol en prut stadig tot dik. Kook sonder ‘n deksel en roer gereeld omdat dit baie maklik aanbrand. Die blatjang behoort binne sowat 35 minute dik en geurig te wees. Proe en verwyder die kaneel. Skep in gesteriliseerde flesse.. Bewaar om ryp te word. Die blatjang kan onmiddelik geeet word of kan in koel donker plek vir 4 tot 6 weke gestoor word sodat die blatjang kan ryp word. Wanneer die blatjang ryp word begin dit donkerder van kleur word.

Advertisements
 

Piesang Blatjang

Bestanddele
800 g Geskilde Piesangs
2 Groenrissies
2 Uie
2 Knoffel huisies
250 g Sultanas (420 ml)

10 ml Sout
1 ml Peper
10 ml Kerriepoeier
5 ml Borrie
1 ml Tiemie
Knippie fyn naeltjies
750 ml Asyn
400 g Suiker (500 ml)

Metode
Sny piesangs in skyfies en kap die groenrissies, knoffel en uie fyn. Braai uie, groenrissie en knoffel. Maak ‘n pasta van al die droë bestanddele. Plaas alles in ‘n pot en kook vir 1 uur lank. Roer kort, kort. Bottel warm. Lewer 1.5 Liter.