PIESANGSOUS

Rika Theron
6 tot 8 porsies

Bestanddele
3 medium uie, in dun skywe gesny,
1 e botter,
3 k kookwater,
2 e meel,
1 e kerriepoeier,
1 t mosterd,
3 e suiker,
1/2 k water,
1/2 k asyn,
sout & peper na smaak,
3 piesangs, in kwarte gesny.

Metode
Braai uie in botter tot bruin en voeg dan 3 koppies water by. Kook saggies tot ui sag is. Meng meel, kerriepoeier, mosterd en suiker met die water en asyn tot ‘n gladde pasta en roer by kokende uiemengsel. Roer en kook ongeveer 3 minute tot dit gaar is. Geur met sout & peper en roer piesangs in. Dien op met vleis, vis of hardgekookte eiers.

Advertisements

Hamburger met Piesangsous

Ingestuur deur Jan van Niekerk

’n Sous soos dié bring die vleis se smaak na vore. Kinders en grootmense hou ewe veel hiervan.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 8-10 minute

Bestanddele:
PIESANGSOUS
25 g Botter
10 ml (2 e) Olyfolie
15 ml (1 e) Matige kerriepoeier
25 ml (5 t) Meel
2 Uie, grof gekap
30 ml (2 e) Witwynasyn
150 ml Vleisaftreksel
5 ml (1 t) Sout
25 ml (5 t) Fyn appelkooskonfyt
15 ml (1 e) Sagte bruinsuiker
4 Piesangs, in skyfies gesny

HAMBURGERS
4 Broodrolletjies
500 ml (2 k) Blaarslaai
4 Gaar vleiskoekies

PIESANGSOUS
Verhit die botter en olie in ’n swartpot op warm kole en roerbraai die kerriepoeier sowat 1 minuut. Voeg die meel by en roerbraai sowat2 minute. Voeg die uie by en braai tot goudbruin. Roer die witwynasyn, vleisaftreksel, sout, appelkooskonfyt, suiker en piesangs by en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat sowat 5 minute prut.

HAMBURGERS Sny die rolletjies oop en pak die blare op. Sit ’n hamburgerkoekie bo-op en skep die sous oor.

Radio Vryheid

Sommer net Sous

Bestanddele
1 Eier geklits
½ t Sout
½ k Suiker
1 e Asyn
¾ t Mosterd
1 Klein Blikkie nagereg room
8 Piesangs
Sout na smaak

Metode
Meng eier, sout, suiker asyn en mosterd. Kook stadig oor lae hitte. Laat afkoel en meng room in. Gooi sout oor na smaak. Sny piesangs en plaas in bak. Gooi sous oor en geniet.

Wenk
Hierdie sous is ook heerlik saam met aartappels. Kook aartappels en sny in blokkies of skywe, gooi sous oor en geniet.