Maklik en Vinnige Piesangbrood

Lynette Muller

Bestanddele
6 Ryp piesangs
500 g Bruismeel
1 Blikkie (400 ml) klapperroom

Metode:
Maak die piesangs fyn in jou mengbak. Roer die meel by. Roer die klapperroom by. Smeer jou oondpannetjie. Bak teen 180°C vir 60 minute.

Opsioneel:
Jy kan n klein bietjie (5ml) fyn kaneel by die broodjie inroer. Dit gee dit net n dieper smaak. En moet nie die knippie sout vergeet nie!
Die 3 bestanddele piesangbrood resep kom handig te pas as die geldjies bietjie aan die nou kant is en jy lus is vir ‘n piesangbroodjie.

Advertisements

Tropiese Piesangbrood

Rohanja

Bestanddele
250ml rosyne
425g pynappelstukkies, sonder sap
45ml lemoensap
125g botter
125ml bruinsuiker
1 eier, geklits
500ml fyngedrukte piesangs
500ml bruismeel
2ml sout
5ml gemengde speserye

Metodee
Voorverhit die oond tot 180C. Meng die rosyne, pynappel en lemoensap in afsonderlike bak. Klits die botter en suiker saam tot liggeel en donserig. Voeg dan die eier en fyn gemaakte piesang by. Sif die meel, sout en gemengde speserye. Voeg die piesang mengsel by en meng dan die geweekte rosyne en pynappel by. Plaas in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak vir 1uur 15 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel.

Piesang Kandensmelk Tert

Rika Theron
(12 porsies)

Bestanddele:
1/2 blikkie kondensmelk,
1 e suurlemoensap,
1 eier, geskei,
1 k piesangmoes,
1 gaar tertkors,
klapper.

Metode:
Meng kondensmelk, suurlemoensap, geklitste eiergeel en piesangmoes.  Klits eierwit styf en vou dit in.  Skep in gaar tertkors.  Bak ongeveer 20 minute in ‘n matige oond.  Haal uit, strooi klapper oor, sit weer onder die boonste element van die oond en laat bruin word.

 

Elvis Presley se piesang toebroodjies – Mikrogolf resep

Lewer 2 porsies
In Graceland, Memphis, moes Elvis se kok gereeld vir hom van hierdie toebroodjies maak.
‘n Bietjie gouestroop saam met die grondboontjiebotter maak dit éérs lekker.

 

 

 

 

 

4 snye witbrood
botter of margarien
grondboontjiebotter
1 groot, ryp piesang

Smeer die snye witbrood aan weerskante liggies met botter of margarien.
Smeer grondboontjiebotter op 2 snye en plak die oorblywende snye daarop vas om toebroodjies te vorm.
Verhit ‘n verbruiningsbak van 25 x 25 cm 8 minute by 100% krag.
Plaas die toebroodjies in die bak en mikrogolf dít ongeveer ‘n minuut oop by 100% krag tot goudbruin onder.
Keer die toebroodjies met ‘n spaan om en mikrogolf dit weer ongeveer ‘n minuut oop by 100% krag tot goudbruin onder.
Skil en verpulp die piesang.
Skei die snye versigtig sonder om die brood te breek.
Stapel Piesang moes op die grondboontjiebotter en plak die snye weer op mekaar.
Halveer die toebroodjies met ‘n skerp mes en eet dit dadelik.

KONDENSMELK PIESANG SLAAI

Ingestuur deur Joey Hannkom

Bestanddele
6 Piesangs skyfies gesny
1 Blikkie fruit cocktail (sap afgegooi)
2 eetlepels mayonnaise (enige sort)
2 Eetl Kondensmelk
Klein bietjie suurlemoensap
MAAK NOU SO:
Sprinkel suurlemoensap oor gesnyde piesangs
Meng met fruit cocktail vrugte
Meng mayo en kondensmelk en gooi oor jou slaai Bedien dadelik
Heerlik saam met braaivleis!

Piesang Verassing Nagereg.

3 – 6  Ryp Piesangs

1 Blik Ingelegte Vrugte

1 Houer Grenadilla Yoghurt

Dreineer die sap van die vrugte**  (gee vir iemand om die sap te drink)

Ons is mos geleer om nie met kos (sap) te mors nie.

In glasbak, plaas die ingelegte vrugte in, sny piesangs redelik klein. Gooi die yoghurt oor en sit in yskas.

 

**Die sap kan gevries word en gebruik dit volgende keer as jy wil jelly maak om water te vervang.

Ek gebruik ook van die sap in my vleis wat ek wat ek kook of bak.

Piesang brood – LCHF, Banting, Gluten Vry

1/2k coconut flour

1/2k almond flour (banting divas meel gebruik)

5ml bakpoeier

5ml sout

50g botter gesmelt

5ml vanilla

5 piesangs

4 eiers

2 opgehoopte eetlepels xylitol

180C vir so 30 min langer

Piesangslaai ~ Die Lekker een

Ingestuur deur Lynette

Bestanddele
6 – 8 redelike groot piesangs
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie pitmielies
1 blikkie gekerfde pynappel
mayonnaise

Metode
Sny die piesangs in die mengsel van die kondensmelk, pitmielies, pynappel (gedreineer) en mayonnaise en laat staan so ‘n rukkie in die yskas (+/- ‘n uur voor opdiening).

Jy moet maar liefs nie probeer wanneer op dieet nie!!! Jy sal nie kan ophou nie!

Pastaslaai met Biersous

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele Pasta
4 Koppies gaar elmboogpasta
410 g Pynappelstukkies gedreineer
4 Piesangs geskik en met suurlemoensap besprinkle
1 x 565 g Lietjies gedreineer en ontpit
225 g Blik groenertjies gedreineer

Bestanddele Sous:
125 ml Mayonaise
125 ml Bier

Metode:
Meng die pasta, pynappelstukkies, piesangs, lietjies en ertjies in ‘n groot slaaibak.
Meng mayo en bier deeglik deur en gooi oor slaai.
Meng deeglik en verkoel vir minstens 8 ure voor gebruik.

PIESANG BLATJANG:

Anna Eksteen

Bestanddele
12 geskilde piesangs, in ringe gesny
250 ml sultanas
2 groot gekapte uie
250 ml suiker
15 ml kerriepoeier
500 ml wit asyn
15 ml sout knippie rooipeper
2 stukke pypkaneel

Metode
Meng die bestanddele in ‘n geskikte kastrol en prut stadig tot dik. Kook sonder ‘n deksel en roer gereeld omdat dit baie maklik aanbrand. Die blatjang behoort binne sowat 35 minute dik en geurig te wees. Proe en verwyder die kaneel. Skep in gesteriliseerde flesse.. Bewaar om ryp te word.