Piesangbrood

Rohanja

Die piesangbrood is smaaklik en klam.

Bestanddele
125ml Botter of Margarien
250 ml suiker
5ml Vanilla Essence
2 Eiers
2.5 ml Sout
10 ml Bakpoeier
2 k Koekmeel
4 tot 6 Oorryp Piesangs, fyngedruk

Metode
Room die botter en suiker saam. Voeg die vanilla by. Voeg eiers een vir een by en klits doen goed na elke eier. Sif die droe bestanddele saam. Voeg piesangs by en meng goed. Goi in gesmeerde pan. Bak vir een uur teen 180°.

Advertisements

PIESANG BROOD:

Anna Eksteen

Bestanddele
125g botter   
250g strooisuiker
2 ekstra-groot eiers
30ml joghurt of suurmelk
5ml vanieljegeursel
6 ryp, fyngemaakte piesangs
60ml gekapte neute (opsioneel)
250g koekmeel
5ml koeksoda 
1,5ml sout

Metode
Room die botter en strooisuiker saam tot lig en donsig. Klits die eiers liggies met ‘n vurk en voeg dit saam met die joghurt en vanieljegeursel geleidelik by die bottermengsel. Vou die piesangs en neute in. Sif die koekmeel, koeksoda en sout twee maal saam. Vou dit in die piesangmengsel tot goed gemeng. Smeer en voer ‘n broodpannetjie met botterpapier uit. Giet die beslag daarin. Bak dit 50-60 minute in ‘n voorverhitte oond by 180 C tot goudbruin en stewig. Laat heeltemal afkoel.

MAKLIKE PIESANG BROOD RESEP

Baie dankie vir jou resep Okkie

Bestanddele
4 ryp piesangs
½ k margarien
½ t koeksoda
½ k melk
1 t vanilla
2 k meel
2 eiers
1 k suiker
1 ¼ t bakpoeier

Metode
Meng alle bestanddele, behalwe die koeksoda, piesangs en melk bymekaar.
Maak die koeksoda aan met die melk en voeg by ander, reeds gemengde bestandele.
Voeg die piesangs by en bak vir 1 uur op 180 °C (350 °F)

(Dit is goedkoper om twee broodjies op ‘n slag te bak weens die tyd wat dit in die oond moet bly)