PIESANG BOBOTIE MET SOUTVLEIS

www.flippenlekkerspice.co.za
1 Gekapte ui
Halwe gekapte soetrissie
2 teelepels kerriepoeier
2 teelepels Flippen Lekka Spice
opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt
eetlepel asyn
1 Blik soutvleis (boelie bief)
2 piesangs in skyfies gesny
1 eier
kwart koppie melk.

Metode
Braai ui en soetrissie in olie tot dit begin verkleur. Voeg kerriepoeier en Flippen Lekka Spice by en braai vir 1 minuut. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe melk en eier en roer liggies deur. Plaas in oondvaste bak. Klits eier en melk saam en giet bo-oor. Prik met vurk dat vloeistof effens kan intrek. Bak vir 30 min teen 180 .°C

 

Advertisements

Macaroni en Vrugteslaai

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele Macaroni
250 G Macaroni
15 ml Olie
1 Klein pynappel geskil en in blokkies gesny of 1 x 410g pynappelstukke
3 Piesangs geskil en in skyfies gesny. Besprinkel met suurlemoensap
1 x 410g Perskeskywe gedreineer
1 x 410g Jong ertjies gedreineer
‘ Paar kruisementblare vir garnering

Bestanddele Sous:
125 ml Bier
125 ml Cross & Blackwell Mayonaise

Metode:
Kook die macaroni in soutwater vir 12 minute.
Dreineer en spoel af onder koue lopende water.
Meng pasta liggies deur met die olie en plaas in slaaibak.
Voeg die pynappel, piesang, perskes,en ertjies by en meng deur.
Gooi die bier en mayonnaise in ‘n fles en skud tot goed gemeng.
Gooi oor die slaai.
Garneer met kruisementblare en plaas in yskas.
Lewer 8 porsies

Variasies:
Vervang perskes met lietjies.
Vervang bier met pynappelstroop of natuurlike jogurt

KLAPPER EN PIESANG BOBOTIE:

Uit Anna Eksteen se 10 Bestes
Bestanddele 
2 middelslag-uie
1 knoffelhuisie
30 ml sonneblomolie
20 ml matige kerriepoeier
7 ml borrie
1,5 kg maalvleis
1 Granny Smith-appel
60 ml vrugteblatjang
2 ml fyn gerasperde suurlemoenskil                          
1 koppie witbroodkrummels
sap van 1 suurlemoen
12,5 ml sout
2 ml peper                                                                 
250 ml droë wit wyn of bief aftreksel
Bolaag:
50 ml fyn appelkooskonfyt
15 ml suurlemoensap
3 ryp piesangs                                                           
125 ml klapper
250 ml melk                                                              
2 eiers
Skil en kap die uie en knoffel.  Braai dit in die sonneblomolie in ‘n swaarboompot tot sag. Voeg die kerriepoeier en borrie by en roerbraai dit liggies.  Voeg die maalvleis by, roer dit met ‘n groot vurk los en braai dit stadig.  Rasper die appel grof.  Voeg dit by die vleis mengsel saam met die suurlemoenskil en -sap, vrugteblatjang, broodkrummels, sout en peper.  Sit die deksel op en prut die mengsel 30 minute lank oor lae hitte.  Voeg die wyn of biefaftreksel by en meng goed.  Skep die vleismengsel in ‘n oondvaste bak met ‘n volume van 3 liter  Verdun die appelkooskonfyt met die suurlemoensap en smeer dit oor die vleismengsel. Skil en sny die piesangs in skyfies.  Rangskik die skyfies op die vleismengsel.  Klits die melk en eiers saam en giet dit bo-oor.  Laat die bobotie ‘n rukkie staan sodat die eiermelk kan intrek.   Strooi die klapper bo-oor. Bak die bobotie sowat 45 minute lank by 190 C totdat die eiermelk gestol en goudbruin is. 

Droë vrugte slaai

Marliza de Villiers

Bestanddele Slaai
250g gemengde droë vrugte (saggekook)
6 piesangs in skywe gesny

Bestanddele Sous
1 blik kondensmelk
kwart koppie olie
half koppie asyn
half teelepel sout
2 teelepels mosterdpoeier

Metode
Eerste laag: 250g gemengde droë vrugte (saggekook). Tweede laag: 6 piesangs in skywe gesny. Klits sous baie goed en gooi oor vrugte. Bedien koud. Heerlik!

Wenk
Gooi so paar druppels oor die piesang voor die piesang in die slaai gaan