Piesangslaai

Bestanddele
5 ryp, maar ferm piesangs
5 droë appelkose, gesnipper
125ml grenadellajogurt
37,5ml kondensmelk

Metode
Sny die piesangs in skyfies in ‘n slaaibak. Voeg die gesnipperde appelkosies by. Meng die jogurt en kondensmelk en voeg by die vrugte. Meng liggies met ‘n vurk.

Advertisements