H​EERLIKE KOEKIES​

Baie dankie vir jou resep Sarie du Randt

1Kg Bruismeel
500gr Storkbake
4 k Suiker
4 Eiers geklits
1t Grenadilla essens of Vanilla essens
Vermacillie
Rosyntjies
Grof gekapte neute
Post toasties fyn gemaak

Meng suiker en storkbake goed deur.
Voeg eiers en essens by, meng.
Voeg meel, rosyne en neute by, meng goed.
Vorm balletjies en rol in post toasties, druk effens plat en strooi vermacillie oor.
Plaas van mekaar af op bakpan (deeg versprei gedurende bak proses)
Bak vir 15 minute by 180 

Advertisements

Grondboontjie- en dadelkoekies

Bestanddele

Maak: omtrent 40
Bereidingstyd: 30 minute plus afkoeltyd
Baktyd: 12-15 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

5 ml gerasperde lemoenskil
80 ml (60 g) sultanas
80 ml (60 g) pitlose dadels, grofgekap
140 ml (60 g) grondboontjies, grofgekap
135 ml (125 g) botter
100 ml (90 g) strooisuiker
1 groot eier
230 ml (125 g) bruismeel
250 ml graanvlokkies, fyngedruk

Metode

1 Meng die lemoenskil, vrugte en neute in ‘n mengbak saam.

2 Klop die botter en suiker in ‘n aparte bak saam tot romerig. Voeg die eier by en klop goed. Vou die meel in en roer dan die vrugte en neutemengsel by. Sit die bak vir 30 minute in die yskas.

3 Rol die mengsel in klein bolletjies en rol elkeen dan in die fyngedrukte graanvlokkies.
Pak die koekies op gesmeerde bakplate en bak dit vir 12 tot 15 minute of tot goudbruin

GRONDBOONTJIE BOTTERKOEKIES

 

250 g sagte margarien
2 k suiker
2 eiers
125 ml grondboontjiebotter
10 ml koeksoda
25 ml melk
5 ml vanielje
2 k koekmeel
2 k klapper
2 k Post Toasties
2 k hawermout
Meng botter en suiker goed en roer eiers by.  Voeg grondboontjiebotter by en meng goed.  Los koeksoda in melk op, voeg geursel by en roer by bottermengsel.  Voeg res van bestanddele by en meng goed.  Vorm balletjies, druk effens plat met vurk en bak 10 minute by 180ºC.
LEWER 1,5 KG.

POST TOASTIES KOEKIES

 

 

(Maklikste resep denkbaar)
1 kg bruismeel                                                          
 4 koppies suiker
500 g margarien                                                       
4 eiers
fyngemaakte Post Toasties (sit in plastieksak en kap met hand fyn, bietjies op ‘n keer)
Meng botter en suiker baie goed, voeg eiers by.  Meng weer goed.  Werk meel en bietjie sout (kwart teelepel) by.  Vorm okkerneutgrootte balletjies.  Rol balletjies in fyngemaakte Post Toasties.  Moenie koekies platdruk nie en los baie spasie tussen koekies oop ‑ dit sprei baie.  Plaas in pan en bak by 180ºC ongeveer 12 minute.  KOEKIES WORD NIE BRUIN NIE.