BEESVLEISPOTBRAAD

Anna Eksteen

Bestanddele
50ml olie
1.3kg binneboudof dikrib, in een stuk.

GEURIGE SOUS:
300ml tamatiesous
300ml water
50ml suurlemoensap
15ml aangemaakte mosterd
‘n paar druppels tabascosous
75ml vrugte blatjang
13ml worcestersous
40ml heuning
3 lourierblare
7ml sout
40ml koekmeelblom
50ml pietersielie, fyn gekap

Metode
Verhit die olie oor hoë hitte in ‘n kastrol. Braai die vleis alkante bruin, skep uit en hou dit eenkant. Giet alle oortollige olie uit die kastrol. Berei die geurige sous: Voeg al die bestanddele vir die sous, behalwe die koekmeelblom en pietersielie in ‘n kastrol. Klits goed met ‘n draadklitser. Verhit die sous tot kookpunt. Voeg die vleis by. Laat dit weer opkook, plaas die deksel op en laat dit 1½ uur lank oor lae hitte prut, of totdat die vleis sag is. Draai die vleis af en toe om. Skep die vleis uit die sous en sny dit met ‘n lang, skerp mes in skywe. Rangskik die skywe in ‘n verhitte , vlak oondbak. Maak die koekmeelblom met ‘n klein bietjie koue water aan in ‘n bakkie. Voeg dit by die sous in die kastrol. Roer dit met ‘n houtlepel oor matige hitte tot dik. Giet die sous oor die vleis en garneer met pietersielie.
Lewer 4-6 porsies.

Advertisements
 

BEESVLEIS‑POTBRAAI

1kg potbraai beesvleis bv. topside of silverside
botter en sonneblomolie
30 ml koekmeel                                                              
500 ml vleisaftreksel
15 ml bruinsuiker                                                           
15 ml tamatiesous
15 ml worcestersous                                                    
5 ml sout
2 ml mosterdpoeier                                                     
 knippie peper
paar geelwortels, in skyfies                                      
 paar aartappels, gehalveer

Braai die stuk vleis vinnig rondom in ‘n swaarboompot in bietjie margarien en sonneblomolie tot goed bruin.  Haal vleis uit en gooi die meeste van die vet af.  Roer die meel by die oorblywende vet in die pot en braai dit effens.  Voeg die vleisaftreksel, bruinsuiker, tamatie‑ en worcestersous, sout, mosterd en peper by en laat opkook.  Plaas vleis in sous in die pot, sit die deksel op en stowe dit ongeveer 2 uur lank tot sag.  Voeg geelwortels sowat 45 minute en aartappels sowat 30 minute voordat die vleis gereed is by. Lewer 4 ‑ 6 porsies.