PYNAPPELPOEDING

Anna Eksteen

Dié poeding vorm ‘n romerige laag onder-in en koek bo-op. Bedien met vla wat gemaak is van klappermelk. Dit gee die poeding ‘n egte tropiese geur.

Bestanddele
80ml bruismeel
2ml sout
125ml strooisuiker
2 eiers, geskei
125ml melk
15ml suurlemoensap
100ml fyn pynappel
80ml pynappelsap

Metode
Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondbak van 22 cm met botter. Sif die meel, sout en strooisuiker saam. Klits die eiergele saam met die res van die bestanddele tot gemeng en voeg by die droë bestanddele. Klits tot gemeng. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou in. Giet in die gesmeerde bak en plaas in ‘n groter oondbak wat half vol water gemaak is. Bak vir 45 minute tot goudbruin. Genoeg vir 4-6 mense.

Advertisements
 

Ouma Lenie se Pynappelpoeding

Bestanddele
1 groot pynappel
4 koppies water
1 koppie suiker
knippie sout
3 eiers (geskei) – eierwitte styfgeklop
1 pakkie pynappeljellie
2e Vlapoeier. (in ‘n bietjie water gemeng)

Metode
Rasper die pynappel en gooi in ‘n kastrol saam met die water, suiker en sout. Kook dit saam vir 5 minute. Meng die pynappeljellie, eiergele en vlapoeier. Gooi dit by die pynappelmengsel en meng goed totdat dit begin prut. Haal pynappelmengsel van die stoof af en vou die eierwit by. Gooi in’n bak en plaas in yskas totdat koud en gestol.