Souskluitjies

Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele:
Benodighede:
250 ml Koekmeelblom
10 ml Bakpoeier
1 ekstra groot eier , of 2 medium eiers
50 ml Botter
100 ml Vars melk
Knippie sout

Stroop:
700 ml water Kaneelsuiker
25 ml botter

So gemaak:
Sif droë bestanddele saam Vryf die botter in die mengsel met vingerpunte in totdat die mengsel soos broodkrummels begin lyk. Klits eier en melk saam , voeg by meelmengsel Meng goed deur.
Bring water en 25 ml botter tot kookpunt. Skep nou lepelsvol van die sagte deeg in die kokende water.
Sit die deksel op die kastrol en bring tot kookpunt. Stel plaat se hitte na laagste stelling, kook sowat 20 minute.

NB: Moenie die kastrol se deksel tydens die kook proses oplig nie!!!
Skep kluitjies uit in mooi groot bak, sprinkel liggies met kaneelsuiker Voeg nou vinnig 10 groot eetlepels kaneelsuiker met die oorblywende stroop in die kastrol, bring tot kookpunt , hou aan roer tot lekker dik stroperige sous

Giet nou die sous oor die kluitjies ,
Laat rus die kluitjies in stroop vir 10-15 min voor opskep. Bedien met heerlike warm tuisgemaakte vla.

Advertisements
 

CHEESY DIP

Nestle Recipes
This delectable cheese dip goes well with crisps, pretzels or vegetable sticks. It’s also very easy to make.

PREPARATION TIME
5 Minutes

COOKING TIME
10 Minutes

SERVES
5 people

INSTRUCTIONS
Combine the following ingredients in a saucepan:
1 cup of milk
2 tablespoons of flour
1 clove of chopped garlic (or 1 teaspoon of garlic powder)

Method
Bring the ingredients to a simmer, while whisking.
Add 400g of grated cheddar cheese. Stir until the mixture is smooth.
Stir in 1 teaspoon of mustard.
Recommended serving size: 1 batch should be plenty for a family of 4-5

 

Heuning PatatWieletjies

Jan van Niekerk
RSG

Bestanddele
Patats
Heuning
Botter

Metode
Maak die patats, met sy skil, gaar in die mikrogolf of kook tot gaar. LET WEL: Dit moet steeds hard wees. Laat die patats afkoel en sny dit in wieletjies. Braai die wieletjies goudbruin in gesmelte botter en heuning.

 

MALVALEKKERS:

Anna Eksteen

Bestanddele
30ml gelatien
125ml koue water
500ml strooisuiker
125ml kookwater
rooi voedselkleursel
10ml vanielje geursel
versiersuiker om lekkers in te rol

Metode
Spuit ‘n 2.5liter bak met kleefwerende kossproei. Laat week die gelatien in die koue water tot sponsagtig. Verhit stadig totdat dit heeltemal opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die voedselgeursel, vanieljegeursel en versiersuiker, en klits 7-10 minute lank met ‘n elektriese klitser totdat die mengsel begin verdik. Kleur met ongeveer 12 druppels rooi voedsel kleursel en voeg ook die vanielje geursel by. Meng goed en giet uit in die voorbereide bak sodat die mengsel sowat 1.5cm diep daarin lê. Plaas in yskas tot gestol en sny dan in blokkies. Rol in versiersuiker. Lewer 65 blokkies.

 

VRUGTEHAPPIES

(14)
Rika Theron

Bestanddele
Halveer 1 groot ronde suikerbrood sodat jy 2 koeklae het.
Druk sirkels, 5 cm in deursnee, met ‘n koekiedrukker uit elke koeklaag af.
Klits 1 blikkie (225 g) kondensmelk en 50 ml suurlemoensap tot gemeng.
Voeg 1 blik (410 g) vrugtekelkie (gedreineer) by en meng.
Skep mengsel op sirkels.
Strooi gerasperde sjokolade bo-oor en versier met ‘n aarbei of lemoensegment.

 

BEVRORE TUTTI-FRUTTI

Rika Theron

Photo by Thomas Quaritsch on Unsplash

Bestanddele
Meng 50 g okkerneute (125 ml gekap)
410 g pynappelstukke (gedreineer)
50 g kersies, gekap
125 g dadels gekap
12 malvalekkers, gekap, liggies saam.
Meng 250 g roomkaas en 25 ml strooisuiker goed saam en voeg dan vrugte by.
Vou 250 ml room (geklop) in.

Metode
Gooi in vorm en bevries tot dit verstewig het. Ontvorm en versier.

 

MIKROGOLF VRUGTEKOEK

Lynette Muller
Bak nou jou Kerskoek
Dis al weer die tyd van die jaar om te begin bak vir Kersfees.

Bestanddele
500gr vrugtemengsel
1 pak dadels (fyngekap)
1 kop karamel bruinsuiker (donker suiker) 180ml botter
1 ½ kop water
(opsioneel kan 125ml rooi kersies (gesnipper) ook bygevoeg word Kook bogenoemde vir 10 minute in mikrogolf op 100% Laat afkoel.
Voeg by 1 hoog opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt en laat staan vir nog ‘n rukkie Strooi oor 10ml droe koeksoda, roer deur en laat staan ‘n verdere 20 minute *Meng saam:
500ml meel (2 kop)
5ml gemengde speserye
5ml gemmer
5ml kaneel
5ml sout

MMetode
Meng al die droe bestanddele en meng dan in by vrugte mengsel. Klits 2 eiers en meng in. Gooi nou 125ml brandewyn by en meng goed Neem plastiek bak 20cm in deursnit, spuit spray en cook, en voer bodum uit met waspapier.

Gooi mengsel in bak en mikrogolf vir 20 min by Medium (60-70%) krag Haal uit mikrogolf en los in die bak (moenie uitgooi nie) Gooi ‘n verdere 60ml brandewyn oor koek en laat HEELTEMAL AFKOEL Haal uit as koud is, maak goed toe moet foil tot jy lus voel om die hele koek op te eet!!!!!!

 

DUITSE SJOKOLADE & KERSIEPANNEKOEKIES

Rika Theron

Bestanddele en metode
Sif 200 ml meel, 35 ml kakao en 5 ml kitskoffiepoeier saam.
Maak holte in middel en voeg 1 eier by.
Voeg helfte van melk (125 ml) by en meng goed.
Voeg nou res van melk (125 ml) by en klop 5 minute.
Verhit bietjie botter om bodem mee te smeer, in pan en bak pannekoekies aan albei kante mooi bruin. (Maak ongeveer 6 pannekoekies.)
Dreineer 840 g blik pere en 460 g rooi of swart kersies.
Meng sappe om 250 ml te maak.
Meng bietjie van sap met 20 ml mielieblom en roer dan by res van sap.
Verhit tot kookpunt en roer aanhoudend.
Kap pere op.
Voeg pere en kersies by vrugtesap en kook vir 2 minute.
Verdeel mengsel tussen pannekoekies en dien warm op.

 

KERSFEES GAMMON/VARKBOUD

Lynette Muller

Bestanddele
1 gammon
6 biere (hoogstens)
mosterdpoeier
heel peperkorrels
2 lourierblare
naeltjies
*VIR DIE GLASEERSEL
1 blikkie (330 ml) bier
2 eetlepels bruinsuiker
2 eetlepels heuning
2 teelepels mosterdpoeier

Metode:
1. Sit die varkboud in ’n groot houer van vlekvrye staal of glas en gooi genoeg water by om die boud te bedek. Laat dit vir minstens ’n uur lê om die sout te tem.

2. Haal die boud uit die water, droog dit af, sit dit in ’n groot kastrol en gooi genoeg bier in om die vleis te bedek. Verhit die kastrol tot kookpunt en laat dit vir ’n kwartier kook. Laat die boud in die bier afkoel.

3. Skep die boud uit die bier en besprinkel dit oraloor met mosterdpoeier. sit die boud op aluminiumfoelie (teen die blink kant), voeg sowat 5 peperkorrels en die lourierblare by, en vou die foelie toe.

4. Sit die boud, vetkant na bo, in ’n oondpan en bak dit vir ’n kwartier per 500 g in ’n oond van 160°C.

5. Haal die boud uit die oond, verwyder die foelie en sny die vetlaag af sodat net ’n dun lagie oorbly. sny ’n diamantpatroon in die oorblywende vet. Druk ’n heel naeltjie in elke tweede diamant.

6. Meng die glaseerselbestanddele en skep die helfte daarvan oor die boud uit. Bak die boud vir 40 minute in ’n oond van 160°C. Bedruip dit deurentyd met glaseersel.

7. Sit die boud in skywe voor met groen groente soos boontjies of broccoli en braai-aartappels.

 

Kalkoen In Die Weber:

Lynette Muller

Wie hou nou nie van ‘n lekker sappige stukkie kalkoen nie. Hy is perfek as die velletjie so krakerig is saam met ‘n lekker glasie wyn. Een groot kalkoen is nodig vir hierdie resep.

Bestanddele
500 g sagte botter
hand vol tiemie
roosmaryn
salie en pietersielie gekap
5 knoffelhuisies, gekap
sap en skil van 2 suurlemoene
3 heel suurlemoene, gehalveer
500 ml hoenderaftreksel
6 rooi-uie, in kwarte gesny
4 knoffelknolle, in breedte gehalveer

Metode:
Meng botter, kruie, knoffel en sap en skil van suurlemoen. Maak vel op kalkoen se bors los met jou vingerpunte. Druk helfte van bottermengsel onder vel in en versprei eweredig. Sit halwe suurlemoene in kalkoen se karkas en bind bene stewig aan mekaar vas met kombuistou. Sit die kalkoen in ‘n oondpan wat in ‘n Weber sal pas en smeer die res van die bottermengsel oor. Gooi die aftreksel, rooi-uie en halwe knoffelknolle in die pan.

Sit dit in die Weber met medium-warm kole en plaas die deksel bo-op. Die gaatjies van die Weber moet half oop wees, anders smoor die kole dood. Laat dit stadig bak vir 3 uur. Maak elke uur oop en skep van die pansouse oor kalkoen. Jy sal ook ‘n aparte vuur moet maak vir ekstra kole om elke uur die kole in die Weber aan te vul. Om te kyk of kalkoen gaar is, druk ‘n mes in op die dikste deel van die vleis by die dye. Hou in vir 15 sekondes. As die mes se punt baie warm is en die sap wat uitloop helder is, is die kalkoen gaar. Haal uit roosterpan en plaas op opdienbord.