RICE KRISPIES BLOKKIES:

Lynette Muller
Lewer sowat 25 blokkies.

bestanddele
4 stafies (44 g elk) Bar-one-sjokolade
120 g botter
150 ml suiker
25 ml goue stroop
4 x 250 ml (4 koppies) Rice Krispies

MAAK SO:
Smeer of spuit ‘n 15 cm koekpan. Breek die sjokolade in blokkies en voeg die botter, suiker en goue stroop by. Verhit oor stadige hitte totdat die sjokolade gesmelt is, roer nou en dan. Voeg die rysvlokkies by en meng deur. Druk vas in die voorbereide pan en laat afkoel tot stewig. Sny in blokkies en bere in die yskas.

Advertisements
 

Resep vir Rice Crispie Blokkies

Bestanddele
1 Pak Rice Crispies
250 g Margarien
250 ml Suiker
250 g Dadels

Metode
Smelt margarien, dadels en suiker oor lae hitte. Voeg Rice Crispies geleidelik by en meng goed. Smeer Tertbak in pak mengsel in tertbak. Laat afkoel in yskas. Sny in blokkies