Wortel en Pynappelring

Dankie vir jo resep Jan
500 ml Gerasperde wortel
1 Blik 440g fyn pynappel
1 Pakkie suurlemoenjellie
125 ml Suiker
1 ml Sout
125 ml Room
Metode:

Plaas die gerasperde wortel in ‘n mengbak. Dreineer die pynappel en behou die sap. Vul die sap aan met water tot twee koppies sap. Gooi sap in kastrol en verhit tot kookpunt en los jellie daarin op. Laat afkoel tot dik maar nie gestol. Klits die jellie tot romerig. Klits nou die suiker bietjiesgewys by en dan die sout. Meng die pynappel en wortels in. Klits die room tot styf en vou by die wortelmengsel in. Spoel die ring uit met yskoue water. Gooi die slaai in die vorm en verkoel in die yskas tot goed gestol. Lewer 6 tot 8 porsies

Advertisements

Advokadoring

Dankie vir hierdie heerlike resep Jan van Niekerk

2 Groot ryp advokadopere
1 Pakkie groen jellie
250 ml kookwater
15 ml Suurlemoensap
5 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper
10 ml Mosterdpoeier
160 ml Wit asyn
1 Blik kondensmelk
1 Kleinerig ui fyngekap

Metode:
Los jellie in kookwater op en laat afkoel. Druk die advokadopere fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met die sout, perper en mosterd. Meng asyn met kondensmelk en voeg by. Voeg die ui en afgekoelde jellie by en skep in ringvorm wat onder koue water gespoel is. Verkoel in yskas tot heeltemal gestol. Lewer 6-8 porsies.

Ringkoek (Inge Bronn)

Bestanddele
4 eiers
250ml water
190ml olie
1 pak karamelkoekmengsel
1 pak vanillakitspoeding

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ringpan goed. Klits die eiers, water en olie vir 1 min. met ‘n elektriese klitser op stadige spoed. Voeg die koekmengsel en kitspoeding by die eiermengsel en klits vir 4 min. op vinnige spoed. Giet in pan en bak vir 30 min.

Versiersel
150ml bruinsuiker
30ml stroop
120ml margarien
120ml kondensmelk
5ml vanilla

Metode
Smelt al die bestanddele, behalwe die vanielje, saam oor lae hitte. Kook 3 min.
Verwyder van die hitte en voeg die vanielje by. Klits met ‘n vurk en laat afkoel. Giet oor die afgekoelde ringkoek.