Roereier met robotsoetrissies en sampioene

120 g gemengde groente, soos sampioene en geel, rooi en groen soetrissie
1 eier
15 ml water
5 ml vars, of 1 ml gedroogde origanum
sout en varsgemaalde swartpeper
30 ml vars, gekapte Italiaanse pietersielie
Braai die groente in ‘n non-stick-pan totdat dit net begin versag.
Meng die eier, water en origanum.
Wanneer die groente net reg lyk, gooi die eiermengsel oor. Sprinkel met sout en varsgemaalde swartpeper en roerbraai dit totdat die eier gaar is.
Sprinkel met die vars pietersielie en eet.
Bron: onbekend

Advertisements