AARTAPPEL EN CHEDDAR ROLLETJIES

4 groot aartappels, geskil
300 g sterk cheddarkaas, gerasper
2 eiers, geklits
60 ml gekapte pietersielie
knippie rooipeper, of na smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
6 velle filodeeg
sowat 50 ml gesmelte botter
sowat 150 ml olyfolie
30 ml gekapte pietersielie

Kook aartappels tot sag. Druk fyn met ‘n vurk.
Daar kan nog stukke in wees.
Voeg kaas, eiers en pietersielie by
Geur met rooipeper, sout en peper.
Plaas een vel filodeeg op jou werkoppervlak. Smeer met gesmelte botter.
Plaas ‘n tweede vel deeg bo-op.
Smeer weer met gesmelte botter.
Herhaal met ‘n derde vel.
Skep van die aartappelvulsel sowat 5cm van onderkant van deeg in ‘n lang wors.
Vou deeg oor vulsel. Vou kante weerskante oor vulsel en rol op
. Herhaal met die res.
Maak toe met kleefplastiek en laat koud word in yskas. Sny koue rol in skywe van sowat 3cm.
Verhit olyfolie in pan en braai sirkels weerskante vir sowat 3minute.
Dreineer op kombuispapier.
Sprinkel gekapte pietersielie oor en sit warm voor.

(Uit Anna Eksteen se E-RESEPTE BOEK: VIR DIE SOETTAND!)

Advertisements
 

BROODJIES VIR BAKVISSIES

Rika Theron

Bestanddele
4 ronde broodrolletjies,
125 g kaas,
100 g ham,
1 klein ui,
1 klein blikkie sampioene,
2 eiergele,
klein knippie elk van sout, peper, paprika en suiker.

Metode
Sny bo-korsies van broodjies af en hol broodjies uit. Rasper kaas en snipper ham. Skil ui en kap fyn. Meng alles saam met geklitste eiergele en smaakmiddels. Skep mengsel in uitgeholde broodrolletjies. Bak in ‘n warm oond tot eier gestol en kaas goudbruin is. Garneer broodjies met ‘n takkie vars kruie – pieterselie, dille of seldery.

 

Ontbyt 6: Boerbrakke

Met vergunning van www.funkymunky.co.za

4 kg Boerewors

20 – 40 ‘Hot dog buns’
Blatjang, tamatiesous
Braai wors op skottelskaar en bedien met blatjang en tamatiesous op broodrolletjies. (Die broodrolletjies kan gevries word tot dit gebruik word – dit ontdooi binne ‘n halfuur.)
 

Redro deegrolletjies

Bestanddele
400g gekoopte skilferdeeg
50ml Redro vissmeer

Metode
Voorverhit oond tot 200ºC. Besprinkel werkoppervlak liggies met meel & rol die skilferdeeg dun uit (30 x 30cm). Smeer vissmeer oor deeg. Smeer die rand van deeg liggies met water. Rol deeg stewig op ʼn kleefplastiek & plaas in yskas vir 30min. Sny die rolletjies in ½cm skyfies & plaas op liggies gesmeerde bakplaat. Bak sowat 25-30 minute tot ligbruin. Sit voor by kamertemperatuur.

 

Tannie Dassie se biefstuk rolletjie

RSG

Bestanddele
Biefstuk skywe of minute steaks
Spek
Sout en peper
Speserye
Uie
Olie
1 blikkie sampioene in room
Knorrox

Metode
Geur biefstuk skywe met sout, peper en speserye. Rol biefstuk skywe in meel. Plaas spek op biefstuk en rol biefstuk op en steek vas met tandestokkie. Braai in olie en plaas in oondskottel wat ‘n deksel het. Braai uie in bietjie olie. Voeg sampioene by uie. Sit ‘n blokkie Knorrox en ‘n koppie water in ‘n ander pot en kook. Gooi dit by sampioene en uie. Gooi die mengsel oor die rolletjie en bak in oond teen 180 grade Celsius vir ‘n halfuur tot 45 minute.