Roomlikeur

Bestanddele
1 blik kondensmelk
250ml vars room
125ml whisky
125ml brandewyn
2 eiergele
10g donker sjokolade, gesmelt
12,5ml vanielje geursel

Metode
Meng die bestanddele saam in ‘n menger of versapper. Klits vir ongeveer 15 minute. Hou koel en bedien. Lewer 750ml.

Advertisements