KAASKOEK

Bestanddele Kors: 
25 Gemmerkoekies OF 1 pakkie tennisbeskuitjies. 
100 g gesmelte botter 

Metode Kors:
Meng koekies en botter en druk in ‘n pan met ‘n uithaal bodem om korslaag te vorm. Laat afkoel in die yskas. 

Betsanddele Kaasskoekvulsel: 
25 ml (5 teelepels) gelatien. 
4 eetlepels water. 
Bedek gelatien met water en laat staan sodat dit kan “spons” 

Metode Kaaskoek:
Plaas 2 houers roommaaskaas in ‘n bak en meng. Voeg by die sap en fyngeraspede skil van ‘n groot suurlemoen. Voeg 5 ml vanieljegeursel by. Meng 3 eiergele met 200 gram (1 koppie) strooisuiker in ‘n bak – totdat dit soos room lyk – voeg dan by die kaasmengsel. Klits 250 ml room liggies en voeg by die kaasmengsel. Mikrogolf die gelatien op medium krag vir 2 minute en voeg STADIG by kaasmengsel en meng totdat al die gelatien deeglik in die kaasmengsel gemeng is. Gooi in pan met kors en laat stol. Versier met vars vrugte en room indien verkies. 

Advertisements

ROOMKAASVERSIERING

Ideaal vir wortel koek
100 g margarien                                          
 675 ml versiersuiker
100 ml of 100 g roomkaas                       
 5 ml vanielje

Verroom margarien en versiersuiker. Vou roomkaas en geursel liggies met metaallepel in

Gestolde Klapper slaai

Stephanie Strydom

Bestanddele
1 Blik (410 g) Fyn Pynappels
2 Pakkies pynappel jellie
1 Blik verkoelde ingedampte melk
Rooipeper
Pietersielie na smaak
Water
250 g Roomkaas
375 ml Klapper
Aromat

Metode
Dreineer pynappel en behou vloeistof. Vul pynappel vloeistof aan tot 375 ml met water. Plaas pynappel water in kastrol en kook vir 5 minute. Voeg jelliepoeier by en roer tot opgelos. Laat afkoel. Meng pynappel en roomkaas in die jellie. Klits ingedampte melk styf. Voeg nou die jellie mengsel drupsgewys by die melk en klits aanhoudend. Voeg res van die bestanddele by en meng goed. Gooi in vorm. Plaas in yskas tot gestol. Ontvorm en garneer soos verkies.