Roomsago Hoenderpot

Baie dankie vir die resep Jan
1 Heel hoender (in porsies opgesny)
1 Goen peper (groen rissie)
1 Ui
1 Pak swart sampioene
1 Koppie sago
500ml Vars room
1 t Sout
15 ml Olie vir braai

Metode:
Braai hoender porsies in warm olie tot goudbruin, haal uit pot uit, voeg gesnyde groenpeper, uie en gesnyde sampioene in pot en braai effens (nie sag nie) Voeg hoenderstukke en sago by en kook in bietjie water tot sag dog ferm (al dente) Laastens voeg vars room in en kook oor lae hitte tot sago deurskynend en gaar is. Bedien met potbrood en rys. Lewer 6 porsies

Advertisements