BILTONG, KAAS- EN UIE-POTBROOD

Anna Eksteen

Bestanddele
500g bruismeel                                                             
1 bier
1½ koppies gerasperde Cheddarkaas                            
250ml fyn (nat!) biltong
125ml fyn, bruingebraaide uie

Metode
Meng die meel en bier goed. Voeg 1 koppie kaas, die biltong en ui by en meng alles saam. Plaas dit in jou gesmeerde pot en bedek met die res van die kaas Bak tot gaar. Toets met ‘n skoon mes of totdat hy onderkant mooi hol klink. Eet warm met plaasbotter en konfyt

VARIASIES:
(Sonder die biltong en uie)
‘n Pakkie droë, bruin uiesop.
‘n Eetlepel of twee Marmite of Frey Bentos.
Neute en rosyne.
Spek (brosgebraai en gekrummel)
Olywe, kappers en ansjovis
Baie vars knoffel en pietersielie; gemengde kruie van jou keuse.

Advertisements

Semel en Rosyne beskuit Koekoes

Daar is nog tyd om die beskuit blikke vol te kry voor die vakansie.

Hierdie is n maklike geen knie beskuit

 

2 kilo Bruismeel

8k semels

1 1/2k klapper

3 1/3t bakpoeier

3k suiker

4t sout

1kg Marvello of ander margerien

6 Eiers

1 Liter karring melk

2K rosyne

 

Meng droë bestandele in groot skottel. (sonder die rosyne)

Smelt Marvello.

Klits die 6 eiers by (gebruik `n elektriese handmenger)

Klits die karringmelk by.

Voeg by droë bestandele en meng goed.

Dit hoef nie geknie te word nie.

Voeg die rosyne by.

Plaas in gesmeerde broodpanne en vir ongeveer 1 uur by 180C

Ongeveer 4 Groot broodpanne

Die rosyne kan heeltemal uitgelaat word of verminder word na smaak.

Keer die brode uit op afkoel rakke en laat heeltemal koud word.

Sny in vingers en droog uit in die oond.

60 – 80 grade C.

As die brode eers die volgende dag gesny word, dan krummel dit minder.

 

www.liplekker.co.za

Rum en Rosyne Yskastert

Bestanddele
1 koppie (250ml) kookwater
1 koppie (250ml) room
3 ml vanielje
1 pakkie (200g) tennisbeskuitjies
420ml pitlose rosyne
1 blik (397g) Caramel Treat
8ml rumgeursel

Metode
Giet die kookwater oor die rosyne en laat dit 15 minute lank week. Klits die room styf. Voeg die Caramel Treat, vanielje en rumgeursel by en klits weer goed. Dreineer die rosyne, voeg dit by die kondensmelkmengsel en meng dit goed deur met ‘n houtlepel. Rangskik ‘n laag tennisbeskuitjies op die boom van ‘n vierkantige tertbord van 22 x 22cm, wat liggies met botter gesmeer is. Skep ‘n laag rosynemengsel bo-op die beskuitjies. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag rosyntjiemengsel. Verkrummel ‘n paar beskuitjies en strooi dit bo-oor. Verkoel die tert 2-3 ure lank in die yskas of totdat die vulsel gestol het.

H​EERLIKE KOEKIES​

Baie dankie vir jou resep Sarie du Randt

1Kg Bruismeel
500gr Storkbake
4 k Suiker
4 Eiers geklits
1t Grenadilla essens of Vanilla essens
Vermacillie
Rosyntjies
Grof gekapte neute
Post toasties fyn gemaak

Meng suiker en storkbake goed deur.
Voeg eiers en essens by, meng.
Voeg meel, rosyne en neute by, meng goed.
Vorm balletjies en rol in post toasties, druk effens plat en strooi vermacillie oor.
Plaas van mekaar af op bakpan (deeg versprei gedurende bak proses)
Bak vir 15 minute by 180 

LEMOEN EN ROSYNTJIE BROOD:

Sap en skil van 1 lemoen
250ml rosyne
1 eier, effens geklits
30ml botter, gesmelt
500ml koekmeelblom
5ml bakpoeier
2ml koeksoda
2ml sout
125ml suiker
100g pekanneute, fyngekap

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n broodpan van 23x13x7 cm met margarien. Vul die lemoensap aan met water tot 250ml. Voeg die gerasperde lemoenskil asook die die rosyne by.  Meng die eier en botter en voeg by. Meng goed. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Voeg die suiker en gekapte pekanneute by en meng deur. Voeg die lemoensap mengsel by die droë bestanddele en meng deeglik. Skep in voorbereide pan en bak 1 uur lank of tot gaar. Laat effens afkoel en keer uit op ‘ draadrak. Laat heeltemal koud word voordat dit gesny word. Dien op saam met botter.

Slaaigenot

Bestanddele
1 blik (450g) drieboneslaai
500ml gaar koring of gort, afgekoel
1 ui, gekap
200ml gekapte pynappel
150ml pitlose rosyne

Betsanddele Sous
40ml kookolie
80nl water
3ml swartpeper
5ml geuropwekker
3ml oregano

Metode
Meng al die slaaibestanddele saam in ‘n slaaibak. Plaas al die sousbestanddele in ‘n bottel met ‘n prop en skud goed. Giet die sous oor die slaai en meng liggies. Laat die slaai minstens 24uur voor opdiening in die yskas staan.