BOEREJONGENS:

Anna Eksteen

Bestanddele
500g Rosyne
250 ml water
200g suiker
1 stokkie pypkaneel

Verhit rosyne, water, witsuiker en pypkaneel stadig saam tot kookpunt en roer dit aan die begin om die suiker te laat oplos. Kook dit vir 10 minute oor matige hitte. Giet die stroop af en  en plaas die rosyne in warm glasflesse. Vul die flesse met skoon brandewyn of om die helfte stroop en die helfte brandewyn.

Wenk
Bedien met roomys.

Advertisements

Gebakte Appels met Kaneel ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies

Bestanddele
50 Granny Smith appels
280 ml Gekapte pakaneute
260 ml Bruinsuiker
250 ml Pitloserosyne of sultanas
125 ml Suurlemoensap
50 kaneelstokkies
25 Teelepels Botter

Metode:
Sny die bopunt van elke appel af en ontkern die appels, maar hou hulle heel aan die onderkant. Vul die holtes met neute, bruinsuiker en sultanas. Sprinkel suurlemoensap oor elkeen en sit ‘n ½ teelepel botter bo-op elke appel. Druk ‘n kaneelstokkie van bo in elke appel. Rangskik die appels in ‘n groot oondpan of twee panne as jou oond nie so groot is nie. Vul die pan tot 1 cm met water en plaas in voorverhitte oond by 180°C en bak vir 25 minute. Sit die appels met warm vla voor. Lewer 50 porsies

 

Frikkadelle in Perske en Rosyntjie sous

Bestanddele
Frikkadelle
1 Dik sny witbrood sonder korsies
100 ml Melk
500 g Maalvleis
20 ml Asyn
7 ml Sout
3 ml Grofgemaalde Swartpeper
3 ml Gemengde Kruie

Bestanddele
Sous
1 Ui gekap
12,5 ml elk van die volgende: Blatjang, Worcestersous, sojasous, tamatiesous en sonneblomolie
1 Pakkie bruin uie sop
100 g Pitlose rosyne
125 g Gedroogde Perskes – gesnipper

Metode
Week brood in melk. Voeg res van Frikkadelle se bestanddele by en meng liggies met vurk. Vorm Frikkadelle. Gooi Blatjang, Worcestersous, sojasous, tamatiesous, sonneblomolie en mosterdpoeier in ‘n maatbeker. Vul die maatbeker tot op 500 ml met water. Voeg soppoeier by en meng goed. Voeg perskes by. Gooi uie in mengsel en kook saam vir 5 minute. Sit Frikkadelle in oondvaste bak en gooi sous oor die frikkadelle. Plaas in voorverhitte oond van 180º C. Bak in oond vir 30 minute.
Voeg nou rosyne by en bak vir ‘n verdere 30 minute.