GEURIGE KANEELRYSPOEDING

Anna Eksteen

Bestanddele
60ml botter
30ml bruinsuiker
15ml kaneel 
3 kardemomsade gekraak
750ml gaar witrys
100ml heuning
125g sagte droë appelkose, in kleiner stukkies gesny    
175ml gewone jogurt
100g amandels, gerooster en fyn gekap
kruisement blare vir garnering

Metode
Verhit die botter en roer die bruinsuiker, kaneel en kardemomsade by. Braai sowat 3 minute en roer dan die rys by. Roerbraai tot die rys warm en oraloor bedek is met die botter en kaneelmengsel. Skep twee groot eetlepels vol rys in ‘n mooi koppie of glasbak, skep dan ‘n bietjie heuning, ‘n bietjie appelkose en ‘n groot skep jogurt oor. Herhaal die lae en sprinkel die amandels oor. Garneer met die kruisementblare.

Advertisements