Spaanse Rys

Woumarie

Bestanddele tamatiesous
500 g ryprooi tamaties, gekap
2 groot uie, geskil en in kwarte gesny
4 heel knoffelhuisies, geskil
1 heel rooi brandrissie
1 opgehoopte teelepel paprika
Olyfolie om bo-oor te sprinkel

Bestanddele Rysgereg
3 eetlepels olyfolie (of kookolie)
1 groot ui, fyngekap
6 repies swoerdlose strepiespek, gesnipper
½ elk van ’n rooi, geel en groen soetrissie, pitte en wit gedeeltes verwyder en in stukke gesny
750 g maalvleis
1 koppie rou rys
3 koppies kookwater
1 koppie tuisgemaakte tamatiesous

Metode tamatiesous
Voorverhithit die oond tot 200°C. Plaas die tamaties, ui, knoffel en brandrissie in ’n oondbak. Sprinkel die paprika en olyfolie bo-oor en bak onbedek vir ongeveer 40 minute. Haal dit uit die oond, plaas dit in ’n mengbak en verpulp alles met ’n handmenger of in ’n voedselverwerker. Hou eenkant tot benodig.

Metode Rysgereg:
Voorverhit die oond tot 150°C. Verhit die olie in ’n swaarboomkastrol (wat ook in die oond kan gaan). Braai die ui daarin tot sag en deurskynend. Voeg die spek en soetrissie by en braai vir nog 5 – 7 minute. Voeg die maalvleis by en roer liggies met ’n vurk deur sodat die maalvleis nie klonte vorm nie. Braai alles liggies saam vir nog 7 minute. Voeg die rys by en roer goed deur. Voeg die kookwater en die tamatiesous by en roer baie goed deurmekaar. Bedek die kastrol en bak in oond vir ongeveer 1 – 1½ uur.

Advertisements

FRIKADEL-DIS MET TAMATIESOP EN RYS

Woumarie

Bestanddele
10 rou frikadelle
2 kop rys
1 pakkie tamatiesop
1 liter kookwater

METODE:
Strooi 1 en halwe kop rys onder in gesmeerde bakskottel. Plaas frikadelle bo-op. Strooi ander halwe kop rys bo-oor. Maak sop aan met kookwater , sout en peper na smaak. Gooi bo-oor rys en frikadelle. Bak by 125 C vir 1 en halwe uur. Indien rys al die vloeistof geabsorbeer het, gooi nog bietjie water by tydens kookproses. Bedien met bykosse na smaak.

Kaaserige Rys Pizza Rys Kors (Gluten vry)

Vir die Pizza Rys Kors:
1 koppie Spekko Saman White Long Grain Rice
Sout na smaak
2 ½ koppies water
¼ koppie joghurt
½ koppie mozzarella kaas, gerasper
3 eier gele

Vir die vulsel:
2 eetlepels tamatiepasta
Mayonnaise na smaak
1 koppie gesnyde rotisserie hoender
½ koppie ham
¾ koppie sampioene, gesny
½ Rooi ui, in skywe gesny
½ koppie gesnyde groen peper
¾ koppie mozzarella, gerasper
Vars pietersielie om te versier

metode:
1. Kook die rys volgens die pak instruksies en voeg sout by na smaak.
2. Meng die jogurt en eiergele saam. Voeg by die rys en meng.
3. Voeg die gerasperde mozzarella by en roer om dit te kombineer.
4. Sit ‘n bakplaat met bakpapier.
5. Skep die rysmengsel op ‘n gesmeerde pizza-pan (‘n bakplaat sal perfek werk) en gebruik ‘n lepel om in die deeg na die rande te druk.
6. Bak vir 20 minute by 180 ° C tot krisp en effens bruin.
7. Sprei die tamatiepasta oor die bokant van die pizza, gevolg deur die gesnyde rotisserie hoender, ham, sampioene, rooi ui en groenpeper. Smeer oorvloedig met mayonnaise en strooi mozzarella-kaas oor
8. Bak nog 10 minute tot goudbruin.
9. Verwyder uit die oond, strooi vars pietersielie, sny en bedien. GENIET!

Resep: /www.foodiesofsa.com

Video: https://www.youtube.com/watch?v=EhN0apBO76s

Begrafnis rys (groot maat rys)

Begrafnis rys (Grootmaat rys)

Bestanddele
2 Koppies rys

2L (of 8k) Water

4 Kaneel stokkies

2t Sout

10ml (of 2t) Borrie (turmeric)

200g (of 1k) Rosyne

50g (of 1/4k) bruin suiker

30 gram botter

Metode
Voeg die rys, water, kaneel, sout en borrie saam en kook volgens die rys pakkie se intruksies.

Voeg die rosyne by die laaste 10 minute van die kook proses.

Smelt die suiker en botter saam in mikrogolf.

Roer goed en meng dit deur die gaar rys.

Bedien 12

 

Ek kook my rys in grootmaat en vries dit.

Of in porsie groottes sakkies.

Of in n groot ziplock sak.  Maak seker die rys vries in n plat en dun dan kan jy maklik stukke afbreek soos benodig.

Vir 25 mense

Bestanddele
4 Koppies rys

4L (of 16k) Water

6 Kaneel stokkies

4t Sout

45ml (of 3 E) Borrie (turmeric)

400g (of 2k) Rosyne

100g (of 1/2k) bruin suiker

60 gram botter

Vir 50 mense

Bestanddele
8 (of1.2kg) Koppies rys

8L (of 32k) Water

8 Kaneel stokkies

8t Sout

90ml (of 6E) Borrie (turmeric)

800g (of 4k) Rosyne

200g-250g (of 1k) bruin suiker

120 gram botter

Bron: Cooking for crowds

HOENDER EN RYS GEBAK

Ingestuur deur Joey Hannekom

Bestanddele
500 tot 750gr gr gevlokte hoender of in blokkies gesny (gaar)
2 koppies rys (rou)
1 en ½ kop chedder kaas
Sout en peper na smaak
2 blikkies “cream of chicken soup”
3 koppies water
1 pakkie wit uiesop

METODE:
Oond: 180 C
Gooi die rys (rou) onder in jou oondpan.
Gooi die hoender, 1 kop kaas, sout en peper oor die rys.
Gooi die 2 blikkies “cream of chicken soup” oor.
Maak die pakkie wit uiesop aan met die 3 koppies water
Gooi bo-oor alles
Bak vir 90 min – as jy sien jou rys is nog nie gaar nie, gooi nog bietjie water bo-oor.
Haal uit die oond – sit oond af –
Gooi die kaas bo-oor en sit terug vir so 5 minute tot die kaas gesmelt is
Wenk:
Om die gereg te rek, gooi 1 koppie veggie mix oor die rou rys (net so gevries)
Indien jy nie die blikkies cream of chicken het nie, gooi vars gesnipperde sampioene by en so 1 groot ui gekap en slegs die 1 pakkie wit uiesop of selfs sampioensop aangemaak met die 3 koppies water
Indien jy nie jou hoender wil vlok nie, sit hoenderstukke (rou) net so bo-op die rys
BRON: Namibia recipes

 ROOMHOENDER  OP  RYS

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
1 pakkie hoendernoedelsop,
30 g koekmeel,
30 g botter,
sout en peper,
1 k gesnipperde koue gaar hoender,
125 ml melk.

Metode
Kook sop in 375 ml water.  Maak ‘n witsous van meel, botter en melk.  Voeg sop by.  Kook tot dik.  Voeg hoender by en bedien met rys.

Gegeurde Rys

Gegeurde Rys

90g margarien
250ml rou rys
750ml kookwater
5ml geuropwekker (fondor or aromat)
[Glutenvrye opsies te kry by markte[
30ml tamatiesous
10ml vrugteblatjang
5ml droë pietersielie
3ml gemengde kruie

Smelt die margarien in ’n kastrol en voeg die rys by.
Braai die rys oor matige hitte totdat minstens 75 % van die rys gepof is.
Giet die kookwater oor en roer die res van die bestanddele by.
Sit die deksel op en kook die rys 15 minute lank.
Verwyder die deksel en kook tot die rys droog is.
Sit warm voor.

 

RYS KOEKIES

Bestandele
400ml koekmeel
15ml bakpoeier
20ml suiker
5ml sout
5ml swartpeper
500ml gaar rys
1 blik sweetcorn
1 eier
150ml melk
kookolie vir vlak braai
Metode
Sif  koekmeel, bakpoeier, suiker en sout saam.
Vou rys en sweetcorn in gesifde bestandele in.
Klits eier en melk saam en voeg by meel en maak aan tot n sagte deeg.
Skep opskeplepels in matige warm kookolie.
Braai die ryskoekie eers aan een kant dan aan ander kant tot goudbruin.
Bedien warm met stroop of heuning bo-oor.
Hierdie resep maak so 20 koekies.
Bron: Lorraine se boerekos

Indiese Rysslaai – Resep 2

 

500ml gaar rys

1 ui, geskil en fyngekap

25ml blatjang

1 medium blikkie perskes, gedreineer in blokkies gesny

125ml kondensmelk

250ml mayonnaise

37.5 ml suurlemoensap

12,5ml kerriepoeier (matig)

sout

 

Meng kerriepoeier en suurlemoensap.

Meng res van bestanddele, gooi kerriemengsel oor en roer goed deur.

Laat staan oornag in yskas en dien op.

 

Nota

Dit het eers na te veel sous en te min rys gelyk.

Toe het ek nog heelwat rys begesit.

Toe dit koud was, was die rys droog.

So kyk maar eers as dit koud is of jy nog rys wil bysit..