INDIESE RYSSLAAI

Rina

Bestandele
500ml gaar rys                                                            
1 ui, geskil en fyngekap
25ml blatjang
1 klein blikkie perskes, gedreineer in blokkies
125ml kondensmelk                                                     
37.5 ml suurlemoensap
12,5ml kerriepoeier (matig)                                          
250ml mayonnaise
sout

Metode
Meng kerriepoeier en suurlemoensap.  Meng res van bestanddele, gooi kerriemengsel oor en roer goed deur.  Laat staan oornag in yskas en dien op.

Advertisements

Rysslaai

Bestanddele
250ml rou rys
15ml matige kerriepoeier
2,5ml sout
750ml dun hoendersop
1 tamatie
1 groen soetrissie
250ml ingemaakte geelperskeskywe
30-45ml perskestroop
30ml fyn gekapte ui
30ml mayonnaise
5ml suiker & slaaiblare

Metode
Kook rys, kerriepoeier en sout in die sop tot gaar. Skil tamatie, haal pitte uit en kap res van tamatie op. Doop soetrissie 1 minuut lank in kookwater, ontpit en kap in stukkies. Sny perskeskywe in stukkies. Meng al die bestanddele by die res en skep op slaaiblare.

Rysslaai 2

Bestanddele
3 piesangs, geskil en in skyfies gesny
15ml suurlemoensap
500ml koue, gaar rys
100ml gekapte groen soetrissie
150ml gesnipperde pynappel
1 groot tamatie, gekap
75ml mayonnaise
15ml tamatiesous
5ml geuropwekker vars pietersielie vir garnering (opsioneel)
5ml paprika

Metode
Besprinkel die piesangs met die suurlemoensap. Meng die piesangs, rys, soetrissies, pynappel en tamatie. Meng die mayonnaise, tamatiesous, geuropwekker en paprika saam en giet oor die rysmengsel. Meng liggies. Garneer met vars pietersielie indien verkies.

Rysslaai 1

Betsanddele
500ml koue, gaar rys
1 soetrissie, gesnipper
1 ui, gesnipper
1 tamatie, gesnipper
125ml ingelegde perskes, gesnipper
125ml pitlose rosyntjies
30ml blatjang
5ml kerriepoeier
125ml mayonnaise

Metode
Meng die rys, soetrissie, ui, tamatie, perskes en rosyntjies in ‘n slaaibak. Meng die res van die bestanddele en roer liggies by slaai.