KERRIE JAFELS

Lynette Muller

Bestanddele
30 ml olyfolie
500 g beesmaalvleis
1 ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
10 ml borrie
10 ml fyn koljander
5 ml komyn
2 ml fyn kaneel
0,5 ml fyn gemmer
15 ml garam-masala
1 blik (400 g) gekapte tamaties
15 ml suurlemoensap
sout en varsgemaalde swartpeper
12 snye witbrood
50 ml sagte botter

METODE:
Verhit olie in kastrol. Voeg maalvleis by en braai tot los en bruin. Voeg ui en knoffel by en braai tot ui sag is. Voeg borrie, koljander, komyn, kaneel, gemmer en masala by. Braai nog 5 minute. Voeg tamaties en suurlemoensap by. Geur met sout en peper. Laat prut sowat 1 uur. Die kerrie moenie souserig wees nie. Laat effe afkoel voor jy jaffels maak. Smeer brood aan een kant met sagte botter. Plaas een sny met gesmeerde kant na onder op ’n jaffelpan.

Skep kerrie bo-op en maak toe met nog ’n sny brood, gesmeerde kant na bo. Maak pan toe en sny oortollige brood af. Plaas op warm plaat en braai sowat 5 minute. Draai om en braai verder. Maak versigtig oop en kyk of brood goudbruin en bros is. Indien nie, braai verder. Sit voor met tamatie-en-ui-sambal, piesangen- jogurt en gekoopte groente-atjar. bygeregte

TAMATIE & UIE SAMBAL
400 g klein rosa-tamaties, in kwarte gesny
½ ui, baie fyngekap
¼ komkommer, in klein blokkies gesny
hand vol vars koljander, gekapMeng al die bestanddele saam.

PIESANG EN JOGHURT
4 piesangs, in skywe gesny
sowat 80 ml griekse jogurt
Plaas piesangskywe in bak en skep jogurt bo-op.

Advertisements