Vinnige Sop

Ina

Bestanddele
1 pakkie sampioen-roomsop
1 blikkie sampioen-roomsop
1 Blik Tuna in soutwater
250 ml room
20 ml sjerrie
1 Blikkie Suikermielies of minder (Indien verkies)

Metode
Maak sop uit pakkie aan met helfte water en helfte melk. Gooi blikkie roomsop by en laat warm word.Gooi tuna by (Gooi die water af voor jy dit in die pot gooi).Gooi nou suikermielies by. Sodra dit gaar is, gooi sjerrie en room by net voor jy dit bedien.

Advertisements

Sampioen roomsop

Bestanddele
250 g Sampioene
5 e Botter
3 e Meelblom
1 k Melk
2 k Hoenderaftreksel
Sap van klein suurlemoen
½ k Room
Sout en Peper

Metode
Kap 200g sampioene fyn. Smelt Botter. Voeg meel by, kook vir ‘n paar minute en roer gedurig. Voeg hoenderaftreksel geleidelik by. Bring tot kookpunt. Voeg melk, gekapte sampioene en suurlemoensap by. Bedek en prut vir 5 minute. Roer room in en voeg sout en peper na smaak by. Sny res van sampioene in dun skywe. Braai in botter en garneer die sop daarmee.