HOENDER  MET  SAMPIOENE

Rika Theron
2 porsies

Bestanddele:
15 ml olie
30 g botter
2 hoender Maryland-stukke (dye en boudjies)

Sous:
30 g botter
15 ml meel
125 ml melk
60 ml droë witwyn
220 g ingemaakte sampioene
2 ml tiemie
sout & peper
30 ml room
2 salotte.

Metode:
Verhit olie en botter in bakskottel.  Pak hoender in skottel en bak 35 – 40 minute in matige oond tot hoender sag is.  Borsel kort-kort met sous.  Skep sous oor hoender.

Sous:
Verhit botter in kastrol, voeg meel by en roer tot goudbruin.  Voeg melk en wyn geleidelik by.  Roer tot sous kook en dik word.  Voeg ongedreineerde sampioene, tiemie, sout & peper by en roer tot dit weer kook.  Roer gekapte salotte en room by.  Kook 1 minuut lank.

Advertisements

Rou groenteslaai

 Bestanddele

250ml geelwortels, in repies gesny                                         
250ml knopiesampioene, in skyfies
250ml blomkool, in klein stukkies gesny                                
250ml tamaties, in blokkies gesny
250ml murgpampoentjies, in ringe gesny                             
125ml groen soetrissie, in dun repies
Bestanddele Sous
45ml kookolie                                                                   
30ml suurlemoensap
100ml water                                                                                       
 3ml grof gemaalde swartpeper
3ml gemengde kruie
Metode
Meng al die slaaibestanddele en plaas in die yskas. Plaas al die sousbestanddele in ‘n bottel met ‘n prop en skud baie goed. Gooi die sous oor die slaai.

Marli se sampioen- en gnocchi-fees

RSG

Bestanddele
1 pakkie gnocchi (Italiaanse aartappelkluitjies)
2 eetlepels botter
1 eetlepel olyfolie
400g sampioene (verskeie soorte)
2 eetlepels pesto
½ koppie olywe
Hand vol roket blare
1 ronde blok fetakaas

Metode
Braai botter, olie en gnocchi saam. Voeg sampioene by en braai verder totdat gnocchi en sampioene verkleur. Voeg pesto by en laat dit vinnig deur braai vir geur en voeg feta by. Voeg oopgebreekte roket blare laaste by wanneer van hitte af gehaal is. Eet onmiddellik.

Groenbone en Sampioene

Liza Bosch

Bestanddele
350 g Groenbone, Franse styl gesny
1 ml Peper
200 g Sampioene, skoongevee en in skyfies gesny
¾ pakkie Sampioen roomsop
5 ml Sout
50 g Margarien
15 ml Suurlemoensap 3 ml Aromat
125 ml Melk

Metode
Kook groenbone in soutwater tot sag. Dreineer, geur met peper en hou eenkant. Verhit margarien in ‘n pan en braai sampioene tot sag. Voeg suurlemoensap by en geur met aromat. Sprinkel soppoeier oor en meng goed deur. Voeg melk by en roer tot goed gemeng. Skep groenbone by en prut 10 minute oor lae hitte.