CALAMARI EN MOSSELSLAAI

Rina

Bestanddele
300g calamari, in ringe gesny                                        
30ml botter
1 blik mossels in skulpe                                               
1 suurlemoen (skil gerasper, sap uitgedruk)
4 grasuie, gekap
15ml sojasous
30ml droë witwyn                                                          
20ml sesamsaad (gerooster)
60ml olyfolie               
1ml suiker
15ml gekapte pietersielie

Metode
Soteer calamari vinnig in verhitte botter vir ongeveer 2 minute lank. Wees versigtig om nie te lank te braai nie anders word dit taai.  Plaas mossels in kokende water totdat die skulpe oopgaan.  Dreineer.  Giet suurlemoensap en skil bo-oor calamari en mossels in mengbak en meng om te bedek.  Laat afkoel.  Meng oorblywende bestanddele en giet bo-oor calamari en mossels en marineer ten minste vir 2 ure lank.  Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.

Advertisements

Seekos souttert

Kors
125g sagte botter of margarien
500ml koekmeelblom
50ml water

Vulsel
25olie
2 preie (in ringe gesny)
150g sampioene (in skyfies gesny
200g skelvis(gestoom, ontgraat, gevlok)
1x200g steurgarnale(gedreineer)
250ml Cheddarkaas (gerasper)
3 ekstra grootte eiers (liggies geklits)
125ml room
125ml melk
sout en peper

Voorverhit die oond tot 200C.
Vryf die botter met jou vingers in die koekmeelblom.
Voeg net genoeg water by om ‘n sagte deeg te vorm.
Knie goed, bedek met kleefplastiek en verkoel sowat ‘n halfuur lank.
Rol ongeveer 3mm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en voer ‘n 20cm tertbord daarmee uit.
Prik die bodem  met ‘n vurk en verkoel weer sowat 15 minute lank.
Voer die tertkors met waspapier uit en vul met droë bone.
Bak 10 minute lank, verwyder die papier en bone en bak weer 15 minute lank.

Verhit olie in ‘n pan en soteer die preie daarin tot sag.
Voeg die sampioene by en soteer tot ligbruin.
Skep uit in die tertkors en volg met skelvis, steurgarnale en Cheddarkaas.
Meng die eiers, room en melk en geur na smaak met sout en peper.
Giet oor bestanddele in tertkors.
Verlaag die hitte na 190C. en bak sowat 35 minute, of tot eiermengsel gestol en die tert ligbruin bo is.

Resep: Anna Ekseen

Paella Met seekos

www.rsg.co.za

Lewer 12 Porsies

Bestanddele
1 kg wit rys
1 teelepel borrie
5 koppies water
1 pakkie seekosmengsel
1 pakkie calamari
1 pakkie mossels
3 uie gekap
½ groen soetrissie
2 tamaties
3 teelepels seekosmasala
1½ teelepel komyn
2 teelepels vismasala
½ koppie asyn
2 knoffelhuises, gekneus
peri-peri (opsioneel)
garnale (opsioneel)
krapstokkies
125 g knoffelbotter

Metode
Kook rys tot gaar met die borrie.
Verhit 5 koppies water met die asyn en knoffel.
Voeg die seekos by, behalwe die krapstokkies en garnale.
Kook vir 10 minute.
Haal seekos uit en hou eenkant.
Braai uie in die knoffelbotter met soetrissie, tamatie, vismasala, seekosmasala en komyn.
Voeg ‘n bietjie van die water by waarin jy die seekos gaar gemaak het.
Voeg die garnale en krapstokkies by.
Laat dit stadig prut.
Meng die hele lot en dis op.

SONDAG AAND SEEKOS

Hierdie resep kom van Laurna Coetzer af.

My man, Boeta, het gister aand (Sondag) n pak gemengde seekos en een verlore Hake fillet in die vrieskas ontdek, en dis wat hy gedoen het:

Ek noem dit sommer:
SONDAG AAND SEEKOS
Genoeg vir 3 stewige, of 4 klein porsies

BESTANDDELE:
1 Pak Gemengde seekos. (hierdie een was n 700g pak, die wat mens by spar kry is kleiner)
1 Vis Fillet (Hake)in stukkies gesny (Daar is mos gewoonlik nie baie vis in die pak nie, so die Hake het handig te pas gekom.
1 fyngekapte Ui
1 of 2 toontjies knoffel
1 Gedroogde rooi rissie met pitjies, fyn opgesny (opsioneel)
Olyfolie, n goeie skeut
Botter (Margarine), +- 2 eetlepels
1 Eetlepel Suurlemoensap
2 Teelepels Robertson’s se Spice for Fish
Pietersielie fyngesnipper

Gaar Rys (die Basmati was klaar, het toe maar gewone rys gebruik)

METODE:
Wanneer die seekos ontdooi is, haal die krap-rolletjies uit en hou eenkant.
In n pan, braai die knoffel, fyngekapte ui en rissie in die olie en botter vir n minuut, moenie verbruin nie.
Roer deurentyd.
Voeg die seekos sonder die krap-rolletjies by. Moenie die stukkies Hake vergeet nie.
Strooi die Spice for Fish oor.

Die krap-rolletjies gaan laaste in (anders word hulle te pap, se Boeta)
(vir die foto het ek die krap-rolletjies in klein ringetjies gesny)
Voeg die suurlemoensap by.
Dit behoort n effense sousie te he, maar as te droog, gooi nog botter en n bietjie olyfolie by.

Bedien met rys (die Basmati was klaar, het toe maar gewone rys gebruik)
Rond af met Pietersielie.

Jy kan natuurlik ook Room bygooi of die resep aanpas na smaak.

(Vir n voorgereg, laat die seekos droog braai, meng met mayo en bedien op blare)

Heerlik!!!! of soos Sjef Jeroen Meus van kanaal 431 se Smaaklik tot more aand!

unnamed (1)

Groete
Laurna

Lean Diced Bacon, Seafood & Avocado Salad (4-6 servings)

Ingredients
125 g Eskort Lean Diced
Bacon
3 Ripe Avocados
4 Leaves of Lettuce
200 g Crab Sticks or
Cooked Shrimps
75 g Croutons
125 ml Caesar Salad
Dressing

Method
Fry the Eskort Lean Diced Bacon until crispy before setting aside. Halve the avocados; remove seed, peel and slice. Arrange on the plate with the lettuce, avocado, seafood and croutons. Sprinkle salad with crispy Eskort Lean Diced Bacon and drizzle with salad dressing. Delicious