Vinnige Sop

Ina

Bestanddele
1 pakkie sampioen-roomsop
1 blikkie sampioen-roomsop
1 Blik Tuna in soutwater
250 ml room
20 ml sjerrie
1 Blikkie Suikermielies of minder (Indien verkies)

Metode
Maak sop uit pakkie aan met helfte water en helfte melk. Gooi blikkie roomsop by en laat warm word.Gooi tuna by (Gooi die water af voor jy dit in die pot gooi).Gooi nou suikermielies by. Sodra dit gaar is, gooi sjerrie en room by net voor jy dit bedien.

Advertisements

BEESSTERTBREDIE MET SJERRIE:

Anna Eksteen

Bestanddele
90ml koekmeelblom
5 ml sout
15ml paprika
2 kg beesstert, in porsies gesny
50ml braaivet
kookwater
300g sampioene, gekerf
1 rooi soetrissie, ontpit, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
2 groot uie, in ringe gesny
2 vleisaftreksel-blokkies
15 ml kerriepoeier
225ml sjerriewarm, gaar ertjies vir garnering.

Metode
Meng koekmeelblom, sout en paprika en bedek beesstert daarmee (hou oortollige meel mengsel eenkant). Verhit braaivet in ‘n swaarboomkastrol. Verbruin beesstert. Voeg genoeg kookwater by om beesstert net-net te bedek Sit deksel op en stowe vir 1 uur oor matige hitte. Voeg sampioene, soetrissie, knoffel, ui, aftrekselblokkie en kerriepoeier by. Roer goed deur. Plaas deksel op en stowe vir 3 tot 3½ uur tot beesstert sag is. Roer sjerrie by, plaas deksel op en stowe 15 minute. Maak gladde pasta van die orige meelblom en ‘n bietjie water. Roer by bredie. Kook vir 5 minute. sonder deksel. Geur na smaak. Skep op en garneer met warm, gaar ertjies.

SJERRIE KERSKOEK

Bestanddele
100 g okkerneute (250 ml)
240 g Brasiliaanse neute (375 ml)
75 g amandels (125 ml) ‘
225 g pitlose pruimedante (grof gekap, 375 ml)
75 g pitlose rosyntjies (125 ml)
75 g glanspynappel (125 ml)
120 g glanskersies (200 ml)
120 g koekmeelblom (250 ml)
2 ml sout
3 ml bakpoeier
100 g bruin suiker (125 ml)
3 eiers
12,5 ml sjerrie

Metode
Plaas neute en vrugte in groot mengbak. Sif droë bestanddele daaroor. Voeg suiker by en klits goed. Voeg eiers en sjerrie by en meng goed. Skep mengsel in ‘n gevoerde eenbroodpan. Bak in ‘n voorverhitte oond van 150 grade C vir 2 uur 30 minute tot gaar. Laat koek in pan afkoel en keer dan uit.

Piet se Pot en Rys

RSG

Bestanddele
1 bottel hanepoot
12 stukke hoender
8 groot aartappels (blokkies gesny)
1 groot patat (blokkies gesny)
1 kg roerbraai groente (sonder mielies)
250 ml room
1 pakkie sampioensoppoeier
5 groot uie (dik ringe gesny)
1 pak vars sampioene of 1 blik sampioene
¾ bottel blatjang
¾ koppie olie

Metode
Braai uie in pot en haal uit. Verhit olie in pot en gooi hanepoot by. Gooi hoenderstukke by en as die mengsel begin kook, gooi weer uie by. Pak aartappels, patat en groente bo-op (Moenie roer nie). Meng soppoeier met room en as aartappels amper gaar is, gooi sopmengsel by. Laat pot prut vir 10 minute en gooi blatjang bo-oor. Moenie dit inroer nie. Laat pot vir nog vyf minute prut en dien op met rys en mengelslaai van jou keuse.