Sjokolade Drankie

Christo van Eden

Bestanddele
60g Donker Sjokolade
1 k Warm Water
3 t Heuning
Knippie Sout
3 k Warm Melk
4 Kaneel Stokkies

Metode
Breek die sjokolade. Plaas sjokolade in die warm water en roer tot sjokolade gesmelt is. Roer Heuning en sout in. Gebruik ‘n “Wisk” en roer die warm melk in die mengsel.¬†Gooi mengsel in bekers en sit ‘n kaneel stokkie in elke beker. Drink en geniet.

Wenk
Vir meer voedingswaarde klits een of twee eiers en voeg by die mengsel. Dit het voordele in want die mengsel sal skuim en die drankie sal ‘n groter voedingswaarde he.

Advertisements