Sjokoladekoek

Bestanddele
6 eiers, geskei
1½ koppies koekmeel
1½ koppies strooisuiker
¾ koppie kookolie
¾ koppie kookwater
3 eetlepels kakao
1 teelepel sout
3 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanieljegeursel

Metode Koek
Klits geel van eiers, voeg suiker by en klits goed. Los kakao op in kookwater, voeg olie by en voeg dit dan by die eiermengsel en meng goed. Voeg meel, sout, bakpoeier, en vanielje by en meng alles goed. Klits eierwitte styf en vou in. Bak by 180ºC vir 35 minute in groot oondpan.

Bestanddele Sous
2 koppies suiker
2 koppies koue water
1 teelepel vanieljegeursel
2 groot eetlepels koffie

Metode Sous
Kook die volgende bestanddele saam en gooi warm oor die koek.

Metode Koek
Laat die koek nou heeltemal afkoel. Smeer 1 blik karamelkondensmelk bo-oor. Klits 2 sakkies Orley Whip styf en smeer oor koek. Strooi ‘flake’ oor.

Advertisements

Sjokolade Koek

Ouma Loekie

Bestanddele
½ koppie Kakao
¾ koppie Kookwater
1 ¾ koppie Meel
3 teelepels Bakpoeier
1 ½ koppie Suiker
½ teelepel Sout
½ teelepel Vanilla
4 Eiers
½ koppie Kookolie
½ koppie Koue water

Metode
Meng ½ koppie Kakao met ‘n ¾ koppie Kookwater. Laat afkoel. Maak holte in die droë bestanddele en voeg Kakao mengsel by. Gooi Vanilla, Eiergele, Kookolie, en ½ koppie koue water by. Meng baie goed en vou laaste die styfgeklitste eierwitte in. Bak in twee gesmeerde koekpanne vir ± ½ uur tot gaar.

Resep vir Tannie Suzette se sjokolade koek

Retha

Bestanddele en Metode

1
4 eiers 1½k suiker
½ t vanielje geursel
Klits die bestanddele baie goed saam

2
1k melk ½k olie
Verhit die bestanddele tot lou

3
2k meel 60ml kakao
15ml koffie poeier 5ml sout
20ml bakpoeier
Meng die bestanddele baie goed saam

Metode
Voeg 2 en 3 om die beurt by 1. Bak die koek vir 35min by 180°C in ‘n groterige tert bak.

Sous
1k suiker 1½k kookwater
Kook die suiker en water totdat die stroop dik word.
Gooi warm stroop oor warm koek.

Versiersil
400g heelneutsjokolade 200ml melk
Smelt sjokolade saam met die melk en gooi oor afgekoelde koek

Sjokoladekoek (Mikrogolf)
(Antionette Perkins)

Bestanddele Koek
1 k Koekmeelblom 1 k Suiker of Strooisuiker
1 e Bakpoeier ½ t Sout
3 e Kakao 1 k Lou Water
1 e Olie
2 Eiers 1 t Vanieljegeursel

Bestanddele Versiersel
125 g Margarien 9 e Versiersuiker
2 e Kakao 1 Eier

Metode
Sif die droë bestanddele saam. Klits die water, olie en eiers saam. Voeg die vloeistof by die droë bestanddele en klits tot gemeng. Voeg vanieljegeursel by en klits tot gemeng. Giet beslag in mikrogolf bestande houer. Bak vir 6 minute teen 100% krag.
Toets met toetspen of die koek gaar is. Laat die koek nou 2 minute staan voor jy die koek uitkeer. Laat die koek nou afkoel. Klits al die bestanddele saam van die versiersel. Versier die koek. Gooi klapper of sjokolade flenters oor die koek.

Sjokolade Koek

Elderie Claassen

Bestanddele Koek
1½ k Meel
1 k Melk
1 k Suiker
¼ t Sout
2 t Bakpoeier
½ k Olie
¼ k Kakao
½ k Kookwater
4 Eiergele
4 Eierwitte

Bestanddele Sous
¾ Blik Ideal Melk
½ k Suiker

Bestanddele Versiering
2 Slabs Haselneut sjokolade
¼ Blikkie Ideal Melk

Metode Koek
Klits eierwitte tot styf. Meng droë bestanddele. Maak gaatjie in droë bestanddele. Voeg eerste olie, dan kakao gemeng met water en eiergele by. Klits goed. Voeg bakpoeier by eierwitte en klits weer. Vou eierwitte in by mengsel. Bak teen 180º C vir 30 tot 40 minute.

Metode Sous
Kook Ideal melk en suiker saam. Maak gaatjies in koek met dun voorwerp. Gooi stroop oor koek. Laat koek heeltemal afkoel.

Metode Versiering
Smelt sjokolade saam met ¼ Blikkie Ideal melk en gooi oor koek.