MIKROGOLF SJOKOLADE FUDGE KOEKIES

Lynette Muller

Bestanddele
500g versiersuiker (MOET gesif wees)
250ml margarien
100ml kakao
1 eier
1 pakkie tennis beskuitjies in stukkies gebreek

METODE:
Sit, versiersuiker, kakao en margarien in groot mikrobak en kook vir 3 min op 100% krag. Meng goed (Mengsel lyk so betjie droog)
Voeg eier by en meng goed. Voeg… koekies by en roer goed deur. Sit in gesmeerde pan (25 x 25) en sny in blokkies wanneer afgekoel het.
Lekker soet vir die koue dae

Advertisements
 

Sjokolade Sponskoek – Resep van Alida Adlem

2 kop meel

2 t bakpoeier

2 kop suiker

4 E botter

Melk

Knippie sout

4 E kakao

4 Eiers

2 E vanilla

Sif droë best saam. Voeg sagte botter by en vryf met vingers tot krummels. Gooi 2 eiers in n koppie en vul op met melk. Gooi oor droë bestandele. Herhaal met ander 2 eiers. Meng goed. Klits mengsel tot glad. Gooi nog melk by as jy n slapper deeg wil he.

Bak in oond van 200grade vir 20-25 min in n oondpan.

 

Stroop:

2 kop warm water

2 kop suiker

2 E koffie

2 E vanilla

Gooi alles in bak en roer tot suiker opgelos is. Gooi oor koek sodra uit oond kom.

Laat afkoel

 

Room

1 blik karamelkondensmelk

250 ml room

Klop room styf. Gooi kondensmelk by en klop weer. Gooi bietjie suurlemoensap by om soetigheid te breek. Smeer oor koek wanneer koud is

 

Sjokolade brood poeding met Meringue

Lus vir ‘n warm sjokolade lekkerny?
Dan is hierdie maklike broodpoeding net die ding.

•    250 ml room
•    250 ml melk
•    4 ekstra groot eiers, geskei
•    1 ekstra groot eier, ekstra
•    45 ml kakao
•    125 ml strooisuiker
•    6-8 dik snye dag oue witbrood, korsies afgesny en kleiner gesny
•    125 ml gekapte donker sjokolade
•    Knippie sout
•    180 ml strooisuiker, ekstra Kakao. om oor te sif

Voorverhit die oond tot 150C.
Klits die room. melk. 4 eiergele en 1 heel eier saam met die kakao en strooisuiker tot gladde mengsel.
Giet die sjokolademengsel oor die brood en laat dit staan vir 10 minute.
Pak nou die brood in ‘n gesmeerde middelslag-oondbak en sprinkel die gekapte sjokolade oor.
Giet enige orige sjokolademengsel (waarin die brood geweek het) ook oor.
Bak vir ongeveer 30 minute tot die poeding opgepof en die sjokolade vla ferm is.
Klits die eierwitte met ‘n knippie sout tot sagte punte vorm.
Begin voeg die strooisuiker lepel vir lepel by terwyl jy aanhou klits.
As al die suiker bygevoeg is, klits vir nog 1-2 minute.
Haal die poeding uit die oond en skep die meringue bo-op.
Smeer dit effens sodat die hele poeding bedek is.
Sit terug in die oond en bak vir ‘n verdere 15 minute tot die meringue goudbruin is bo-op.
Haal uit die oond, sif ‘n klein bietjie kakao oor en sit warm voor met roomys of vla.
Lewer 8-10 porsies.

Bron en foto: Loubou.com
Resep: Arina du Plessis

 

SAGO- SJOKOLADE MELKKOS:

Lynette Muller
Lewer 8 porsies

Bestanddele
250 ml (1 k) sago
2,5 liter (10 k) sjokolade melk
60 ml (¼ k) room/water
2 ml (½ t) sout
15 ml (1 e) botter of margarien
kaneelsuiker

SO MAAK JY:
Week die sago 1 uur lank in die melk.
Verhit dan die mengsel in ’n groot swaarboomkastrol tot kookpunt terwyl jy dit die hele tyd roer.
Voeg die sout en room/water by.
Kook totdat dit verdik.
Roer die botter of margarien by.
Klits tot lekker romerig.
Bediening
Sit voor saam met kaneelsuiker.

WENK:
Jy kan 12.5ml kakao byvoeg om dit nog meer sjokoladegeur te gee.
Jy kan ook sjokolade skaafsels byvoeg en dit laat smelt.

 

Warm-uit-die-oond-sjokoladekoek


Bestanddele
750 ml meel
20 ml bakpoeier
500 ml strooisuiker
250 ml sagte margarien
250 ml melk
4 ekstra-groot eiers
75 ml kakao
125 ml water

Metode
Verhit oond tot 180°C. Smeer oondpan van 33 x 26cm. Sif meel en bakpoeier saam in groot mengbak. Voeg strooisuiker, margarien, melk en eiers by. Klits vir 5 minute met elektriese klitser tot goed gemeng.
Meng goed en giet in voorbereide pan. Bak ± 40 minute of tot gaar.

Versiersel:
500 g versiersuiker
50 ml margarien
50 ml kakao
75 ml kookwater

Metode
Sif versiersuiker en kakao saam.  Voeg margarien en kookwater by en meng tot margarien gesmelt het.  Giet oor warm koek.  Bedien louwarm.

 

Sjokolade Mousse (ook lekker as koekversiersel)

Bestanddele
50 ml vla
50 ml kakao
175 ml suiker
500 ml melk
15 ml gelatien
30 ml koue water
510 g Idealmelk

Metode
Meng vla, kakao en suiker saam met ‘n bietjie van die 500ml melk.  Kook die res van die melk en gooi by vlamengsel.  Gooi terug in die kastrol en kook dit net op.  Roer aanhoudend. Meng gelatien en koue water en laat staan om dik te word. Gooi dan gelatien by melkmengsel.  Roer tot dit opgelos is.  Laat afkoel. Klop Idealmelk styf en vou in die mengsel in.

 

Chocolate Brownies / Sjokolade Bruintjies

Annelien
Hierdie resep het ook ‘n storie.
Ek het ‘n Tuisnywerheid gehad en my sussie Maryke het vir my hierdie wonderlike sjokolade bruintjies gebak, aanvanklik het sy baie geskaaf en skuur aan die resep totdat sy op hierdie wenner uit gekom het.
‘n Amerikaanse dame het elke vrydag haar bestelling gemaak vir hierdie “Fugde Brownies”.
Ons kon net nie voorbly met die bak van hierdie lekkerny nie.
Dit is vir my ‘n baie beter alternatief om te gee by kinderpartytjies, dit is gesond en preserveermiddel vry.
Hoop julle gaan dit net so baie soos ons 2 sussies geniet!

KOEK
300 g botter of Rama of Stork bake
380 ml strooisuiker
400 g donker bak sjokolade
6 ekstra groot eiers
10 ml vanielje geursel
2 kop koekmeel – gesif
1 kop pekan neute – grof gekap

METODE
1. Voorverhit oond tot 180 ˚ C.
2.Voer ‘n bakplaat met waspapier uit en spuit met kos sproei.
‘n Lang werpige pyrex bak van so 19 x 30cm sal werk of 2 vierkantige koekpanne.
3.    Smelt botter, strooisuiker en sjokolade in kastrol oor lae hitte totdat die suiker opgelosis.
4.    Verwyder kastrol van hitte en klits eiers en vanielje geursel by.
5.    Voeg die koekmeel by en roer goed deur.
6.    Gooi neute by en roer deur.
7.    Gooi mengsel in bakplaat en bak vir 25 – 30 minute.
8.    Laat afkoel terwyl jy die fugde maak.

FUDGE BOLAAG
50 g botter
30 ml water
1/2
50 ml strooisuiker
250 ml versiersuiker – gesif en klonte fyn gedruk
30 ml kakao poeier

METODE
1.    Smelt botter, water en strooisuiker in ‘n kastrol totdat die suiker opgelos is.
2.    Sif versiersuiker en kakao saam.
3.    Klop die versiersuiker en kakao by die botter mengsel in.
4.    Smeer dadelik op die lou koek.
5.    Laat set en sny in skywe.

PORSIES: 20 repies afhangende van hoe jy kies om te sny.
BRON: Maryke Botha (Maai)    https://annelienpienaar.co.za

 

Ferrero Rocher so uit die bos

 

1 deel versiersuiker
vanielje-essens
1 deel melkpoeier
1 deel botter
½ deel droë klapper (of verkrummelde koekies)
amandels
klapperskaafsels

Meng die versiersuiker, vanielje-essens, melkpoeier en botter.
Voeg die meeste van die droë klapper (of koekiekrummels) by en meng tot ’n deeg.
Neem die amandels en vorm ’n balletjie van die deegmengsel om elkeen.
Rol die balletjies in die oorblywende klapper.
Verkoel, indien moontlik. Bedien met groot trompetgeskal.

Resep:  RECCE RESEPTE, vir kos, vir bos, vir lewe

Foto:   www.netwerk24.com

 

Ongebakte hawermout sjokolade koekies

Bestanddele
2 k suiker
1 k botter (in blokkies gesny)
½ k melk of water
½ k kakao
2 k hawermout (rou)
2 k klapper
2 t vanilla

Metode
Meng suiker, botter, melk en kakao en roer oor stadige hitte totdat die suiker opgelos en die botter gesmelt is. Verhoog die hitte en laat die mengsel kookpunt bereik. Kook vir 5 minute totdat dit begin borrel. Meng intussen die hawermout en klapper en hou gereed. Verwyder kakao-mengsel van die hitte en roer die vanilla by. Roer die hawermoutmengsel by en skep lepelsvol in hopies op ‘n gesmeerde bakplaat of skinkbord. Laat koud word en plaas in die koelkas.

 

4 Bestandele Fudge Sjokolade smeer koekies

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1 K Nutella (of ander sjokolade smeer)

1/2K plus 1 E Koek meelblom

1 Groot eiers

1/2K Semi soet sjokolade splinters

 

Voorverhit die oond op 175C (350F)

Meng die Nutella, meel en eier saam tot daar geen klonte meer is nie.

Roer die sjokolade splinters in

Rol in okkerneut grootte balletjies

As die balletjies kraak maak weer glad met jou vinger

Dit gee beter ronder lekker dik koekies

Bak vir 10.

Koekoes moet gaar en geset wees, maar nog sag as jy vinger in die middel druk.

Laat dit heeltemal koud op die bakplaat, anders sal dit uit mekaar breek

 

Foto en resep met vergunning van Kirbiecravings.com