NIERTJIEBREDIE:

Anna Eksteen

Bestanddele
6 skaapniertjies skoongemaak
10ml sout
1ml peper
25ml margarien
37.5ml ui, gekap
1 groen soetrissie, gekap
25ml tamatiepuree
375ml kookwater
1 vleisekstrakblokkie
25ml mielieblom
1ml tiemie
1ml paprika

Metode
Sny die niertjies in blokkies en sprinkel die sout en peper daaroor. Verhit die smeer en soteer die niertjies, ui en soetrissie daarin. Voeg die tamatiepuree by. Meng die vleisekstrak met die kookwater en voeg dit by die niertjies. Sit die deksel op en laat prut 20 minute lank. Meng die mielieblom met ‘n bietjie koue water en roer dit by die niertjiemengsel. Roer totdat die sous verdik. Voeg die tiemie en paprika by en laat prut nog vir 5 minute.
Lewer 4 porsies.

Advertisements

BEES/SKAAP STOWE MET BOONTJIES

1,5 kg stowe vleis lam of bees bv brisket, skaap skenkels, chuck ens
2 uie in ringe gesny
1 geblikte tamaties
10 ml jeera (opsioneel)
5 naeltjies
250 ml witwyn
300 ml warm water
100 ml worcestersous
60 ml asyn
sout en peper na smaak
3 aartappels in blokkies gesny
1 kg groenbone
bietjie neut (nutmeg)

Jy kan hier kortpad vat en jou vleis gou bietjie stoom in die stoompot vir so 25 na 30 minute

Braai uie in olie tot glaserig
Braai die jeera saam met die uie
Sny die vleis in kleiner blokkies en braai saam met die uie
Gooi nou die wyn, water, tamatie mengsel, asyn, worcestersous en naeltjies by
Laat dit kook vir om en by 60 minute – as jou sous min raak, voeg nog water by.

Gooi nou die aartappels wat in kwarte gesny is by en kook vir nog 20 minute

Laaste kom die gesnipperde boontjies, sout en peper by.
kook nou totdat alles sag is, maar nie pap is nie

 

SKAAPNEK IN DIE OOND

Skaapnek opgesny [jy kan skenkels ook byvoeg as jy wil]
2 Groot uie
4 Wortels ringe gesny
4 Aartappels gehalveer
Metode
Sny jou uie fyn en plaas in gesmeerde bakskottel
Plaas gesnyde wortels bo-op
Plaas jou skaapnek skywe bo-op
Sout en peper
Fyn Koljander
plaas nog uie skywe bo-op jou skywe vleis
Plaas jou aartappels tussen jou vleis
Maak n sousie van
1 pakkie Tomato Paste
2k Hoenderaftreksel
2 e Sweet Chillie
1 e Asyn
1e Maziena
Gooi dit oor jou vleis en plaas die deksel op en plaas in die oond
Oond 160*C vir 2ure en dan 140*C vir so 2ure [kyk of daar genoeg sousie is anders voeg net n klein bietjie water by vir nog sous

SKILLIE SE SKAAPSKENKELS IN ROOIWYN EN SJERRIE

GELIEWE TE LET DAT HIERDIE “n TYDSAMIGE PROSES IS EN GEDULD IS DIE WAGWOORD .
LET OOK DAT DAAR 2 TIPES SOUSE IS WAT KARDINAAL VIR DIE SUKSES VAN HIERDIE RESEP IS
 
 
BENODIG;
 
GROTERIGE HEEL SKAAPSKENKELS. OF SKAAPNEK IN LENGTE DEURGESNY
VIR DIE EERSTE SOUS; (LET ASB. DAAROP DAT EK VERKIES OM GEDROOGDE KRUIE TE GEBRUIK)
60ml GEDROOGDE ROOSMARYN
60ml GEDROOGDE TIEMIE
KNOFFEL VLOKKIES (of vars gemaalde knoffel na smaak)
1 X UI OPGEKERF
1 X KOPPIE CABERNET SAUVIGNON ROOIWYN
1 X KOPPIE SJERRIE
½ KOPPIE TAMATIE PASATA
½ KOPPIE WORCESTERSOUS
80ml GOEIE KWALITEIT SOYASOUS
½ KOPPIE PERSKE BLATJANG
1 X TEELEPEL MOSTERTPOEIER
2 X TEELEPELS ROOIPEPER
½ TEELEPEL GEMMERPOEIER
 
 
METODE;
1) VERHIT DIE OOND TOT 180ᵒC OF OORNAG
2) GOOI AL DIE BESTANDDELE IN ‘n OONDVASTE BAKSKOTTEL MET ‘n DEKSEL EN MENG GOED DEUR.
3) PAK DIE SKENKELS IN DIE SKOTTEL MET DIE SOUS EN PLAAS DEKSEL OP
4) SIT IN OOND EN LAAT STADIG KOOK VIR ONGEVEER 3 URE, TERWYL VLEIS SO ELKE UUR GEDRAAI WORD. INDIEN OORNAG GAARGEMAAK WORD MOET OOND OP 100ᵒC GESTEL WORD MET OONDRAK HEEL ONDER GEPLAAS
 
5) INTUSSEN BEGIN ONS MET SOUS NR. 2 MY TAAIVINGER MARINDE
 
BENODIG;
½ KOPPIE BRUIN DRUIWE ASYN
½ KOPPIE WORCESTERSOUS
½ KOPPIE BRUINSUIKER
½ KOPPIE SOYASOUS
½ KOPPIE TAMATIE PASATA
½ KOPPIE TAMATIESOUS
2 X TEELEPLS ROOIPEPER
1 X TEELEPEL GEMAALDE RISSIES (NIE POEIER NIE)
1 X TEELEPEL SOUT
 
METODE;
1) IN ‘n KASTROL MENG ALLES SAAM EN BRING TOT KOOKPUNT TERWYL GEROER WORD.
2) LAAT SOUS KOOK TOT ‘N STROOP BEGIN VORM
3) VERWYDER VAN HITTE EN HOU EENKANT.
4) WANNEER DIE SKENKELS GAAR IS VERWYDER UIT BAKSKOTTEL EN PLAAS IN OOP POT SONDER DEKSEL.
5) GOOI NOU DIE TAAIVINGER MARINADE OOR DIE VLEIS
6) VERHIT INTUSSEN DIE OOND TOT 225ᵒC
7) PLAAS VLEIS TERUG IN OOND OM LEKKER TE BRAAI VIR SO 20 MINUTE.
8) BEDIEN SAAM MET KAPOKAARTAPPELS, GEBRAAIDE SOETWORTELS EN PYNAPPEL RINGE
9) JY KAN INTUSSEN SOUS NR 1 IN ‘N BOTTEL GOOI EN IN YSKAS BêRE TOT WEER BENODIG (HOU SO 2 WEKE IN DIE YSKAS)
 
10) EK GEBRUIK DIESELFDE (GAAR) SOUS MET HEEL HOENDER WAT EK DAN BUITE IN POTJIE MAAK SONDER SOUSIE NR 2. MET GEBRAAIDE VARS GROENTE IN APARTE SKOTTEL./POT
 
 
Met vergunning van Peet Mulder Skeerpoort skillie

Skaap- Broodrol

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele
½ kg Brooddeeg
1 kg Skaap maalvleis
30 ml Tomustosous
5 ml Tiemie
10 ml Borrie
15 ml Knoffelsout
5 ml Sout
5 ml Varsgemaalde swartpeper

Sous:
2 Uie, fyn gekap
8 Tamaties, geskil en in blokkies gesny
1 Pakkie Griekse slaai speserye
30 ml Botter
3 ml Sout
5 ml Varsgemaalde swartpeper

Metode:
Rol die deeg in ‘n reghoek van 30 x 40cm uit.
Meng die vleis en die res van die bestanddele en smeer oor die deeg en rol die deeg op.
Druk goed vas en plaas dit op ‘n ronde bakplaat en dan in ‘n no. 8B platpot.
Bak oor matige kole met ‘n paar kole op die deksel vir 40 minute.
Plaas in opdienbak en sny in skywe.
Bedien.saam met die tamatiesmoor

Sous:
Braai die uie in die botter en voeg die res van die bestanddele by.
Prut vir 30 minute tot ‘n lekker dik sous gevorm het.
Bedien die sous saam met die broodrolskywe.

LEWERKOEKIES MET SKAAPSTERTJIES

Ingestuur deur Peet Mulder

LEWERKOEKIES MET SKAAPSTERTJIES;

 

 

 

DIE GEHEIM VAN LEWER IS OM DIE VELLETJIE AF TE TREK EN VIR SO 10 MINUTE IN WARMWATER TE Lê. DAN VIR SO 10-15 MINUTE IN ‘n OPLOSSING VAN SUURLEMOENSAP OD DRUIWE ASYN TE Lê EN SAN TE MAAL OF GAAR TE MAAK.,DIT VERHOED DAT LEWER ‘n BITTER SMAAK KRY.

BENODIG; HIERDIE RESEP KAN OOK VIR SKILPADJIES GEBRUIK WORD DRAAI NET TOE IN NETVET.
500gr SKAAPLEWER GEMAAL
1 KOPPIE MEEL
2 EETLEPELS
BRUIN DRUIWE ASYN
¼ KOPPIE WARM WATER
2 EETLEPELS WORCESTERSOUS
2 X UIE GEMAAL SAAM MET DIE LEWER
1 TEELEPEL BAKPOEIER
BIETJIE OLIE VIR VLAKBRAAI
1 TEELEPEL SOUT EN PEPER NA SMAAK.
2 X GROOT EIERS LIGGIE GEKLITS.

METODE;
MENG AL DIE BESTANDDELE SAAM. SKEP NOU LEPELS VOL IN DIE WARM OLIE (PASOP VIR TE WARM). BRAAI TOT LIGBRUIN AAN ‘n KANT EN NOG PIENKERIG BINNE. BEDIEN MET KAPOK AARTAPPLES EN BEBRAAIDE SKAAPSTERTJIES (SIEN RESEP HIERONDER)

SKAAPSTERTJIES;

 

 

 

BENODIG;
1 X KG SKAAPSTERTJIES MEESTE VET VERWYDER.
50ml OLYFLIE
5ml GEMAALDE KOLJANDER
1 TAKKIE VARS TIEMIE
2 X SUURLEMOENE IN KWARTE GESNY

METODE;
BEDEK STERTJIES IN WATER EN KOOK TOT SAG. VERHIT OOND TOT 200ᵒ. GOOI WATER AF EN PAK STERTJIES IN ‘n OOND BAKPLAAT. SPRINKEL OLIE, SOUT , PEPER ASOOK DIE KOLJANDER EN TIEMIE BLARE BO-OOR. PAK NOU EEN SUURLEMOEN SE KWARTE IN DIE BAKPLAAT. PLAAS IN OOND EN ROOSTER STERTJIES TOT BRUIN.. VERWYDER UIT OOND. LAAT RUS VIR SO 5 MINUTE. DRUK NOU OORBLYWENDE SUURLEMOENE SE SAP OOR DIE STERTJIES NET VOOR OPDIENING.

Kerrie skaapvleis

Bestanddele
1.5 kg Skaapvleis in blokkies
4 Uie fyngekap
250 ml Water gekook
37,5 ml Appelkooskonfyt
12.5 ml Kerriepoeier
12.5 ml Suiker
12.5 ml Meel
12.5 ml Asyn of Suurlemoensap
Sout en Peper na smaak

Metode
Soteer die ui in margarien tot ligbruin. Voeg vleis by die uie mengsel. Braai vleis tot lig bruin. Gooi water by en laat kook vir so 1½ tot 2 ure. Maak ‘n pasta van al die ander bestanddele. Kook tot vleis sag is. Dien op met blatjang, rys en klapper.