STAMPMIELIE VERRASSING

Woumarie
Foto en Resep RSG

Bestanddele
1½ kg stowe skaap of beesvleis
2 uie, opgekap
1 kg tamaties, opgekap
1 pakkie stampielies
500g suikerbone
1 liter water
1 pakkie beesstertpoeiersop
2 ml tiemie
2 ml roosmaryn
sout

METODE
Week die bone en stampmielies oornag in water. Kook ongeveer 2 ure tot sag. Dreineer. Voeg een liter water by en kook saam met pakkie sop vir 15 minute. Braai uie en voeg vleis by en braai tot bruin. Voeg kruie en tamaties by. Sodra bone klaar gekook is met soppoeier, voeg dit by die vleis en prut saam vir 20 minute. Bedien met Worcestersous en swartpeper.

Advertisements

Sakkie se boontjie-bredie

RSG

Bestanddele
Skaapribbetjie
Worcestersous
Braaivleis spesery
2 uie
Suurlemoensap
Aartappels
Sout en pepper
Gekerfde groenboontjies
Rooiwyn

Metode
Braai uie in bietjie olie en voeg bietjie suurlemoensap by. Haal uit en braai ribbetjie in eie vet (kan ook suurlemoensap by gooi). Gooi uie terug en gooi aartappels by. Geur met sout en pepper. Voeg ook gekerfde groenbone by en laat hulle lekker met mekaar gesels. Jy kan ook rooiwyn byvoeg as jy wil.

Mardi se masta-pasta

RSG

Bestanddele
Uie
Seldery
Skaapvleis, in blokkies gesny
Tamatiepasta (veral die een wat basiliekruid in het van Ina Paarman)
Een bottel droë witwyn
Verskeidenheid vars groen kruie
Speserye
Pasta met krulletjies, sodat hy die sous lekker dan opsuig!

Metode
Braai uie en seldery in bietjie olie. Voeg vleis by. Voeg pasta, witwyn, kruie en speserye en sout by. Laat dit op baie stadige hitte prut vir 2 tot 3 uur. Gooi pasta by so 10 tot 15 minute voor jy wil opdien. Voor jy opskep, gooi basiliekruid en fetakaas bo-oor. Genoeg vir 6 mense.

Kerrie skaapvleis

Bestanddele
1.5 kg Skaapvleis in blokkies
4 Uie fyngekap
250 ml Water gekook
37,5 ml Appelkooskonfyt
12.5 ml Kerriepoeier
12.5 ml Suiker
12.5 ml Meel
12.5 ml Asyn of Suurlemoensap
Sout en Peper na smaak

Metode
Soteer die ui in margarien tot ligbruin. Voeg vleis by die uie mengsel. Braai vleis tot lig bruin. Gooi water by en laat kook vir so 1½ tot 2 ure. Maak ‘n pasta van al die ander bestanddele. Kook tot vleis sag is. Dien op met blatjang, rys en klapper.